Bergfiets en musiek kom byeen by gesellige gesinsfees

(Foto: Creative Wanderers)

Jacaranda FM en Tracker bied jaarliks Gauteng se grootste musiek-en-bergfietsfees aan by die Big Red Ban in Irene.

Dié “Off the Beat ʼn Track”-geleentheid bied verskeie bergfietsroetes wat wissel van 1,2 km vir kleintjies, tot 50 km vir die meer ervare ryers, en talle roetes tussenin.

“Wanneer die rit klaar is, kan deelnemers, familie en vriende na top-optredes deur onder andere Lloyd Cele, Rubber Duc en DJ Jazzy D luister. Terwyl die musiek speel, is daar ook talle aktiwiteite om te doen en heerlike kosstalletjies,” lui ʼn verklaring.

(Foto: Creative Wanderers)

Kevin Fine, algemene bestuurder van Jacaranda FM, het gesê dié fees is enig in sy soort. “Daar is iets vir almal, of jy nou ʼn professionele fietsryer is en of jy so pas begin het. Self as jy net daar is om die musiek en die buitelewe te geniet!”

Wayne de Nobrega, die uitvoerende hoof van Tracker, het gesê hulle is trots daarop dat die fees ook in ʼn kindervriendelike omgewing plaasvind.

“Die fees is nou al ʼn goed gevestigde familie-en-pretdag en ons is mal daaroor dat dit plaasvind in ʼn omgewing waar almal, onder wie ook kinders, kan veilig wees en voel. Dit is die kans om ʼn oggend op jou fiets deur te bring, en dan rustig te ontspan op die gras terwyl jy na van Suid-Afrika se beste musikale talent luister,” het hy gesê.

Vir meer inligting, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mooi om te sien ·

Dis so mooi om te sien die kinders geniet dit SAAM met die ouers. Ek glo hierdie kinders kan byhou, omdat hulle gereeld saam fietsry.
So hartseer dat van ons vriende/familie 2x n week fietsry na werk en dan elke Saterdag EN Sondag oggend (heeeel oggend) en die kinders moet maar tevrede wees met die afskeep as ma en pa moeg is en wil rus….
Ek het n gly gevang in fietsryers, net om hierdie rede. Hulle is baie selfsugtige mense. Veral as die kinders huil en vra “bly asb vandag by ons”

Andre ·

Baie lekker om daar fiets te ry, maar vir die music sal ek nie bly nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.