Bernice West kraai steeds koning op Top-20

Jay is terug met ʼn splinternuwe enkelsnit, “Ry hom soos ʼn rental”. Die liedjie is geskryf deur Ernest Lamprecht, Riaan Benade, Georic Lomas en Paulo Azevedo en betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 19de plek.

Karen Zoid, Early B en Neil Sandilands klim hierdie week ʼn paar plekke op die trefferparade en is tans in die tiende posisie met die snit “Toe die wêreld stil gaan staan”.

Bernice West bly vir die tweede week in die no. 1-posisie met “Sonop-blom”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar nege snitte wat styg en ses wat daal, vier wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit wat dié week sy toetrede maak.

  1. Bernice West – “Sonop-blom”
  2. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  3. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  4. Francois van Coke – “As ek kon”
  5. Appel – “Nonna”
  6. Loki Rothman – “Op my pad”
  7. Laudo – “Ek kan nie wag nie”
  8. Riana Nel – “Ewigheid”
  9. Brendan Peyper – “Sterk soos ʼn leeu”
  10. Karen Zoid ft Early B & Neil Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  11. Tarryn Lamb & Willem Botha – “’n Liefde soos die”
  12. Appel – “F250”
  13. Leah – “Girls night”
  14. Kurt Darren – “Party tyd”
  15. Ricus Nel & Snotkop – “Boerepompie”
  16. Snotkop – “Pens & Pootjies”
  17. Jan Jan Jan – “Ek bly ’n boer”
  18. Andriëtte – “Druppel in die see”
  19. Jay – “Ry hom soos ’n rental”
  20. Bok van Blerk – “Een”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.