Bernice West woeker op Top-20

Bernice West, die krulkopsangeres van Swartruggens, kraai steeds koning op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die no. 1-posisie met haar debuutenkelsnit, “Sonop-blom”.

Haar tweede uitreiking, “Die hart”, klim vandeesweek nog ʼn plek op die treffersparade en is nou in die derde plek. Haar debuutalbum, Net geleën, word in Augustus uitgereik

Die rockers Francois van Coke en Jan Blohm se “Die toekoms” het verlede week sy buiging op die Top-20 gemaak in die 19de posisie. Dié liedjie klim vyf plekke na die 14de plek.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat klim, sewe wat daal en sewe wat onveranderd bly.

Spotify-speellys: 

  1. Bernice West – “Sonop-blom”
  2. Appel – “Nonna”
  3. Bernice West – “Die hart”
  4. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  5. Die Heuwels Fantasties met Ampie – “Ons moet leef”
  6. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  8. Spoegwolf – “Heen en weer”
  9. Loki Rothman – “Op my pad”
  10. Karen Zoid met Early B & Niel Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  11. Francois van Coke – “As ek kon”
  12. Appel – “F250”
  13. Elvis Blue – “Gee my net ’n vriend”
  14. Francois van Coke met Jan Blohm – “Die toekoms”
  15. Juan Boucher – “Ons word een”
  16. Karen Zoid & Early B – “Deur druk”
  17. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  18. Laudo – “Ek kan nie wag”
  19. Leah – “Girls night”
  20. Ricus Nel met Snotkop – “Boerepompie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Snowball

Verfrissend en oorspronklik. So onaangeplak en talentvol. Hoop sy gaan van treffer na treffer! Sal haar ophou.