Biggy se ‘Dames’ kraai koning op Top-20

Biggy se treffer “Dames” het Afrikaanse musiekliefhebbers gaande. (Foto: Instagram)

“Dames, sê my wat jou naam is. My naam is Adriaanus.” Dié refrein is tans sekerlik een van die bekendste lirieke in Afrikaanse musiek en die oorsprong van talle tong-in-die-kies‑video’s en memes op sosiale media.

Dit is ook dan geen wonder dat Biggy se “Dames” vandeesweek heel bo aan die Maroela Media Afrikaanse Top‑20 pronk nie! Dié snit verskyn al ʼn geruime tyd op die Top‑20, maar die snit se gewildheid aanlyn het die afgelope week die hoogte ingeskiet en Afrikaanse musiekliefhebbers kan nie genoeg van dié kletsrymer se treffer-enkelsnit kry nie.

Boonop het “Dames” verlede week die eerste Afrikaanse liedjie geword wat die nommer een‑posisie bereik het op al die UMGSA-musiekstromingsplatforms.

Bok van Blerk, Elandré en Ruhan du Toit maak hierdie week hulle toetrede tot die Top‑20. Ruhan, voorheen deel van Touch of Class, het vanjaar die groot besluit geneem om op sy solo‑loopbaan te fokus. Sy eerste enkelsnit, “As jy dink jy weet”, beklee die 13de posisie op die week se Top‑20.

Bok van Blerk se nuutste album, Hoor ons!, is einde Augustus bekendgestel, en sy eerste enkelsnit vanaf die nuwe album doen reeds baie goed met aanlyn verkope. Die musiekvideo van die lied word ook binnekort bekendgestel.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top‑20 is daar drie snitte wat styg, 12 wat daal, twee wat onveranderd bly en drie nuwe liedjies wat hul toetrede maak.

  1. Biggy – Dames
  2. Ricus Nel ft Snotkop – Boerepompie”
  3. Riana Nel – Hou die hemel oop
  4. Elandré – Tussen die lakens
  5. Willem Botha – Een shot
  6. Christia Visser – 17 Shots
  7. Elandré – “Vuur op die water
  8. Janie Bay – Amper daar
  9. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis
  10. Jo Black – Bitter
  11. Dewald Wasserfall – So sterk soos ’n vrou
  12. John James – Ek is meer werd
  13. Ruhan du Toit – As jy dink jy weet
  14. Robbie Wessels & Appel – Staan saam
  15. Elandré – Die woorde uit jou mond
  16. Bok van Blerk – Was
  17. Leah – Kyk na my
  18. Tasché – Die een
  19. Dirk van der Westhuizen – Lusmakertjie
  20. Karen Zoid – Donker nag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

BiggyUp ·

Dis nie omdat mense die song like nie.. Dis omdat hulle dit share vir die grap. As die geval van daai ou wat vir Piet blameer vir die ongeluk gesien word as n song, sou hy seker vir Biggy uitgestof het. :)

Ore pyn ·

Wat op aarde het Afrikaanse musiek na gedaal. #NuweVlakVanLaag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.