Bobby, Early B betree Top-20

Bobby van Jaarsveld en Early B se splinternuwe enkelsnit, “Sprokie”, maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 16de plek.

“Die meeste mense is op soek na daai perfekte liefdesverhaal vir hulle self, maar mis soms die sprokie wat voor hulle afspeel,” sê Van Jaarsveld oor die snit.

“Partykeer is die sprokie wat jy soek reg voor jou. Verhoudings gaan nooit perfek wees nie, gebruik eerder daai moeilike tye om te groei as die situasie dit toelaat. Eenvoudige liefde is altyd die mooiste.”

Riaan Benadé is weer terug in die no. 1-posisie met “Gooi nog ’n whiskey”. Hy het sy debuutalbum, Spontaan, in Augustus vanjaar bekendgestel.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, 10 wat daal, twee snitte wat die week onveranderd bly en een nuwe enkelsnit wat sy toetrede maak.

  1. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  2. Elandré – “Dag en nag
  3. Bernice West – “Sonop-blom”
  4. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  5. Spoegwolf – “Swart vere”
  6. Bernice West – “Die hart”
  7. Appel – “Nonna”
  8. Jo Black – “Spring”
  9. Margot – “Tydelike afleiding”
  10. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  11. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  12. Loufi – “Boude”
  13. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  14. Juanita & Snotkop – “Ruk die dam”
  15. Gerhard Steyn – “Groter as Goliat”
  16. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  17. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  18. Francois van Coke met Jan Blohm – “Die toekoms”
  19. Len Muller met Stella – “Toevlug”
  20. Brendan Peyper – “Vasdanslyf”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.