Bobby van Jaarsveld gaan weer pa word

Bobby het die foto van hom en sy vrou Annatjie gelaai by die aankondiging dat hy weer gaan pa word.

Bobby het die foto van hom en sy vrou Annatjie gelaai by die aankondiging dat hy weer gaan pa word.

Die sanger Bobby van Jaarsveld het bekend gemaak dat hy weer pa gaan word.

Van Jaarsveld het op Twitter die nuus bekend gemaak: “Wil graag die goeie nuus deel. Ons het uitgevind ons gaan weer ouers word. Anna is al 2 maande.”

Bobby en sy vrou, Annatjie, is reeds die ouers van twee seuntjies. Leben is in Desember 2012 gebore en hul eerste seuntjie, Sion, is in Oktober 2011 gebore.

Bobby het in Mei vanjaar toe hy en sy vrou in Phuket vakansie gehou het, ‘n foto op Twitter gelaai en grappenderwys gesê: “Miskien bring ons ietsie terug.”

“Ons is dankbaar en so opgewonde! Kleinkinders is die een van die beste dinge wat nog ooit met my gebeur het,” het Ronel Brink, Bobby se ma, oor die nuus gesê.

Bobby, sy vrou en hul twee kinders.

Bobby, sy vrou en hul twee kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Issabelle ·

Aaaaag asseblief …… nie weer die Van Jaarsvelds nie ……. genade lyk my hulle hou daarvan om in die nuus te wees & het niks beters om te doen nie !!!!!

Theresa ·

Lol!! Lekker lag ek nou vir Issabelle. Nou praat jy. Maak jou maar reg vir: (1) Die opknap van die babakamer. As dit ‘n dogtertjie is,moet daar aangebou word want sy moet haar eie kamer hê. Huisgenoot sal jou op hoogte hou. (2) Dan paar dae voor die geboorte. So lyk die sprankelende mamma en pappa doen sy deel. (3) Die baba is gebore. (4) Volgende week se Huisgenoot – So lyk die nuwe toevoeging tot die gesin en kyk hoe wonderlik goed lyk die mamma. Sommer klaar haar lyfie terug. En moenie tussen in vergeet dat Bobby nogsteeds sexy lyk tussen al die dinge deur nie. Ha ha !!!!

Se Maar Net ·

RSA kan seker doen met goeie nuus, as jy nou dit goeie nuus kan noem.
Asof ons regtig belang stel, sekere mense het ‘n lewe!!!!

Rene ·

Geluk Bobby en Anna. Hoop julle sal gelukkig wees met julle 3de bondertjie vreugde in wording. Vir jul part hoop ek dit is hierdie keer ‘n dogtertjie.

Ai, julle mense kan darem soms kleinlik en jaloers wees.

nig ·

Rene waarom op aarde dink jy mense is jaloers? Lyk my as mense nie weet wat om te sê dan beskulidg hulle ander van jaloesie! Geluk aan die paar, ons is nie jaoers nie dankie, klaar my deel van pajamadril gedoen, so beste vir julle.

sarie ·

Baie geluk julle 2…Dis wonderlik om te sien ons jong witmense is nie bang om n nuwe geslag te bou nie…Dis tog hoekom mens geskape is om meer te word….as jy dit kan bekostig en in staat is…waarom nie?!
Ja mens raak moeg vir elke brokkie vd bekendes maar om hul af te kraak oor n klein wonderwerkie, wie die ouers ookal is, hoort nie in n vredevolle hart nie.
ek stem sekere van ons bevolking moet briek aandraai want hulle kanie omsien en versorg nie.Maar eks doodseker hierdie 2 mense het als in plek om nig n kindjie te kan he…
Iemand moet ons blanke ras weer vermeerder…lyk my nie jy is bereid nie mnr konyn

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.