‘Boer soek ʼn vrou’-sangpaar betree Top-20

Richann Brüssow (30), die singende boer van Vredefort in die Vrystaat, het meer as net liefde gevind in vanjaar se seisoen van die gewilde werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou.

Nie net het Richann vir René de Klerk op die program ontmoet nie, maar hulle het ook gewoeker en saam ’n lied geskryf getiteld “Vrystaat vlaktes”. Die liedjie is verlede Donderdagaand na afloop van die laaste episode van die program bekendgestel.

Dié twee het besluit om hulself Reën te noem. Hulle vertel dit is iets wat alle boere wil hê en die woord “reën” is ook ’n skommeling van René se naam; so dit het eintlik ’n dubbele betekenis.

Die sanger Brendan Peyper maak vandeesweek sy toetrede tot die Top-20 met “Dik en dun”. Die snit is die afgelope week bekendgestel.

Riaan Benadé bly vir die derde week weer in die no. 1-posisie met “Spontaan”. Jo Black en Refentse se “Rig jou oë na die berge” is kort op Riaan se hakke in die tweede plek.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar twee snitte wat styg, 13 wat daal, drie wat onveranderd bly en twee nuwe enkelsnitte wat hul toetrede tot die Top-20 maak.

  1. Riaan Benadé – “Spontaan”
  2. Jo Black & Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  3. Elandré – “Binne & buite”
  4. Bernice West – “Kom binne”
  5. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  6. Elandré – “Dag en nag”
  7. Liezel Pieters – “Plus Minus Maal Deel”
  8. Loufi – “Baas vannie plaas”
  9. Bernice West – “O kind”
  10. Fatman – “Vuil Coke”
  11. Bernice West – “Sonop-blom”
  12. Elandré – “Waar die wind my waai”
  13. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  14. Dewald Wasserfall – “Oorleef”
  15. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  16. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  17. Ruhan du Toit – “Die mite”
  18. Brendan Peyper – “Dik en dun”
  19. Rooksein – “Kyk na my hart”
  20. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francois Le Cochon ·

‘n Sprokiesverhaal. As een van hulle ouers destyds met iemand anders getrou het, sou Vrystaatvlaktes nie nou nommer 16 op MM se Top-20 gewees het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.