‘Boerepompie’ uiteindelik onttroon op die Top-20

Appel kuier in die Maroela Media-ateljee. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Ná sewe weke op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 neem die sanger en liedjieskrywer Appel se lied “Nonna” die no. 1-posisie in.

Dié lied was ook die mees afgelaaide Afrikaanse liedjie die afgelope week op Apple Music. “Nonna”, wat hy saam met Johan Vorster geskryf het, is die eerste uitreiking uit sy derde ateljee-album, Patriot.

“Die liedjie gaan oor ʼn jong meisie wat verlief is op ʼn boerseun, die plaas en Afrika,” vertel die musikant. “Hy gaan moet vrede maak met die feit dat hy haar hart moet deel en is bereid om dit te doen. Daarom wag hy geduldig totdat sy terugkom plaas toe.”

Die musiekvideo, met die gewilde aktrise Mila Guy, het reeds meer as 1,1 miljoen trefslae op YouTube.

Spoegwolf se “Seile” maak ook hierdie week sy toetrede tot die top-20 in die 19de plek. Hierdie is ʼn  nuwe enkelsnit wat in Desember verlede jaar bekendgestel is.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg en vyf wat daal, nege wat onveranderd bly en een nuwe lied wat die week sy toetrede op die top-20 maak.

  1. Appel – “Nonna”
  2. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  3. Snotkop – “Pens en Pootjies”
  4. Refentse – “What a boytjie”
  5. Biggy – “Dames”
  6. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  7. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  8. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore – “Ek weet al lankal”
  9. Riana Nel – “Sterker”
  10. Bok van Blerk – “Was”
  11. Elvis Blue ft Snotkop – “Langpad alleen pad”
  12. Brendan Peyper, Elandré, Refentse & Christia Visser – “Ons maak saak”
  13. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  14. Juanita du Plessis – “Maak dit los!”
  15. Tashé & Francois van Coke – “Vier seisoene kind”
  16. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  17. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  18. Elvis Blue – “Beloofde land”
  19. Spoegwolf – “Seile”
  20. Francois van Coke ft Spoegwolf – “Dagdrome in suburbia”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

6 Kommentare

Jax ·

Dankie tog! Ek sit sommer radio af as ek daai stupid boerepompie liedjie hoor – dis nou wat ek kougom musiek noem – jy kou soos n koei al in die rondte sonder om iets wyser te word.
Ek noem dit ook snow flake musiek. Dis mos nou die inding – daar moet tog net nie iets betekenis vol wees nie want dat Sal Iemand te lig geraak daaroor wees. Die snow flakes van vandag smelt mos as mens hulle aansteek oor iets. Foeitoggie – altyd so fyngevoelig te moet leef. Eish!

Name ·

Wie op aarde dink die name van die simpel musiek uit? Ek kry skaam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.