Bok en Laurika sing saam

Bok van Blerk en Laurika Rauch (Foto: Facebook via Inhoud Huis)

Bok van Blerk en Laurika Rauch (Foto: Facebook via Inhoud Huis)

Die sangers Laurika Rauch en Bok van Blerk het Dinsdag ʼn duet, “Ek het”, uitgereik.

Die eerste gedeelte van dié liedjie se musiekvideo is verlede week op kykNET se Top 20-program bekendgestel.

Laurika het aan Maroela Media gesê dié liedjie vertel ʼn storie van iemand wat voluit leef vir elke oomblik. “Dit sê ek het die goeie stryd gestry en ek het soms gewen, en soms verloor. Maar bo alles het ek moed gehou en volhard.”

Sy vertel dit was ʼn voorreg om saam met Bok te werk. “Bok is ʼn baie talentvolle sanger, akteur en liedjieskrywer. As mens en kunstenaar beleef ek hom as iemand wat weet wie hy is. Dit was vir my ʼn goeie ervaring en ʼn voorreg om saam met hom te werk.”

Die liedjie, geskryf deur Johan Vorster, verskyn ook op Bok se Sing Afrikaner sing-album.

Die musiekvideo word glo binne die volgende week bekendgestel. Die liedjie sal ook binnekort op iTunes beskikbaar wees.

Besoek Laurika se Facebook-blad. Besoek ook Bok se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.