Bok se nuwe album skiet op na nr. 1-posisie in Top-20

Bok van Blerk. (Foto: Francois Olivier)

Bok van Blerk se nuwe album Hoor ons! is in Augustus vanjaar bekendgestel en dit het reeds sy plek in die nr. 1-posisie ingeneem met die liedjie “Was”.

Bok het vroeër aan Maroela Media vertel dat dié album, en veral die liedjie “Was”, oor hoop en nuwe lewe gaan.

“Was” vertel die roerende boodskap van ’n man wie se huis heeltemal in ’n brand verwoes word en hoe hy ondanks die verwoesting nuwe hoop vind.

Robbie Wessels se “Legendes” klim die week met twee plekke. Baie van die liedjies met ʼn rugby-tema het die afgelope paar weke goed gedoen te danke aan die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg en 12 wat daal.

  1. Bok van Blerk – “Was”
  2. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  3. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  4. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  5. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  6. Elandré – “Tussen die lakens”
  7. JohnJames – “Ek is meer werd”
  8. Robbie Wessels & Appel – “Staan saam”
  9. Janie Bay – “Amper daar”
  10. Christia Visser – “17 Shots”
  11. Leah – “Kyk na my”
  12. Biggy – “Dames”
  13. Karen Zoid – “Donker nag”
  14. Willem Botha – “Een shot”
  15. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  16. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  17. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  18. Robbie Wessels – “Legendes”
  19. Jo Black – “Bitter”
  20. Tasché – “Die een”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MH ·

Liedjies soos “17 Shots” en “Een Shot” in die lys van AFRIKAANSE Top-20? Vreemde Afrikaans. As die titels so lyk dan gril ek om te dink hoe die lirieke dalk mag lyk.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.