Bok Tjoppie – Op! Op! Op!

Leon Schuster

Dit spot, dit terg, dit tap ‘n lag, dwing ‘n peins en dit ondersteun en moedig aan. Daar word geoefen, genael, gedruk, geskop , gepiets, geblaas en gekoes. O Schucks, dis woes, want Leon Schuster – die vrypostige omroeper-akteur, musikale grapjas, sosiale kommentator en uitmuntende loketrolprentmaker – het wéér die regte doepa om die Springbokke na rubyglorie te help lei.

Deel in die aanhitsende humor van die man wat die Springbokke al twee keer na wêreldrugbyglorie gelei het! Dit het in 1995 met Leon Schuster se album Hie’ Kommie Bokke (met verkope van oor die 235 000 albums!) begin en met die opvolgalbum vier jaar gelede, het die Bokke die beker weer huis toe gebring!

Nou mik Leon vir ‘n driekuns met sy splinternuwe Wêreldbekerrugby-album Bok Tjoppie – Op! Op! Op!

Met veertien splinternuwe liedjies – én die eertydse reuse-treffer Hie’ kommie Bokke as bonussnit bygeroer – wek dié humormeester nasionale trots en vrolike rugby-samesyn. Met liedjies deur Neil McDonald, Don Clarke, Wendy Clarke, Gus Silber, Mike Valentine en Leon self, op-en-wakker spontane saamsingmelodieë en parmantige lirieke beloof dit om die beste rugby-album nóg te wees!

Leon vertolk die liedjies op dié tweetalige album in sy kenmerkende aanpor-styl. Tussen die terg and skater is daar egter ook, soos altyd, satiriese peinsoomblikke.

Luister, dra jou Boktrui, skep gees en moedig die Bokke aan om die Beker terug te bring! (Select Musiek)

Speellys

  1. Bok Tjoppie
  2. Bobby spiked the ball
  3. Umshini Wam (Nationalise the Bokke)
  4. Die Bokke rol
  5. Bok se kind
  6. Dra die Bok
  7. Ou Snorre
  8. Die beste wat jy kry
  9. Kick it up
  10. Forever Green and Gold
  11. Opskudtaal
  12. Webabo
  13. Swallow my sorrows
  14. Hie’ Kommie Bokke
  15. Druk manne
  16. Byt soos ‘n likkewaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.