Bok van Blerk toer landwyd vir 10 jaar-mylpaal

Bok van Blerk. Foto: Facebook via Bok van Blerk

Bok van Blerk. Foto: Facebook via Bok van Blerk

Die sanger Bok van Blerk is vanjaar tien jaar in die Afrikaanse musiekbedryf en beplan ʼn landwye toer om dié mylpaal te vier.

Met die tien jaar en byna ʼn miljoen albumverkope agter die rug gaan die sanger ʼn “Van ‘De la Rey’ tot nou”-terugblik-CD en -toer aanpak.

Dié nuwe album sal bestaan uit ʼn versameling van al sy grootste treffers en vier nuwe liedjies.

Inligting oor die sanger se landwye toer, waartydens hy op die verhoë van die land se bekendste musiekfeeste sal optree, gaan binnekort bekendgemaak word. Daar word ook beplan dat hy sal terugkeer na die presiese plek in Hoedspruit waar hy die liedjie “De la Rey” die eerste keer voor ʼn gehoor gesing het.

Hy beplan ook om ʼn nuwe reeks handelsware en items by sy aanlynwinkel bekend te stel.

Aanhangers kan Bok sien optree by die Hanna- liefdadigheids- en bemagtigingsfonds se gholfdag later vanjaar waar hy die temalied vir die nuwe Afrikaanse fliek, Modder en bloed, gaan sing. Hy is ook in dié fliek te sien.

As jy wil hê Bok en sy band moet met die “Van ‘De la Rey’ tot nou”-toer in jou dorp kom optree, stuur e-pos na [email protected]. Besoek ook Bok van Blerk se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.