‘Bokkoors’ net betyds vir Wêreldbeker

Bokkoors

Van ons land se topkunstenaars kan op dié CD gehoor word. Foto: Verskaf.

Noudat die Wêreldbeker-rugbytoernooi byna gereed is om af te skop, is ʼn nuwe CD vrygestel vir dié wat na lekker musiek soek om die Springbokspan te ondersteun.

Bokkoors: een span een droom bevat 21 saamsingliedjies waarvan 15 splinternuut is. Van ons land se topkunstenaars het saamgespan om hul eensgesindheid en ondersteuning aan die Springbokspan deur middel van musiek te wys. Die snitte op hierdie album sal aanklank vind by elke rugbyondersteuner – by die stadion, om ʼn braaivleisvuur of vasgenael voor die televisie. Al die snitte is daarop gemik om Suid-Afrikaanse ondersteuners in die regte gees te kry om die Springbokke te ondersteun sodat hulle dalk die Wêreldbeker vir die derde keer kan wen.

Van ons land se topkunstenaars kan op dié CD gehoor word, onder andere Kurt Darren, Hennie Jacobs, Joe F, Anton Myburgh,  Gerhard Steyn,  Munro, Rudi Muller, Touch of Class en Juandré Marais. Daar is reeds twee liedjies wat aan radiostasies gestuur is en sekerlik tydens die toernooi groot treffers kan word, naamlik “Hierdie is ons land” deur Adam, saam met die AfriVisie-wenner, Herman Kleinhans, asook “Bok toyi-toyi”, wat deur verskeie kykNET-kunstenaars gesing word.

Die video van “Bok toyi-toyi” sal binnekort op Jukebox te sien wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wikus ·

Dit klink soos n kleuterskool kreet? ??? Kanie Glo dat ons afrikaanse kunstenaars met niks anders as nog n kinder album voor en dag kan kom nie. Waar is Robbie Wessels leer asb die mense hoe dit gedoen Moet word. 2007 se Ons vir jou Suid Afrika het hart en gevoel gehaad, al wat die skrywer van die liedjietjie gepla het was dat die woordjies ruim. ?………. neeeeee manne

Wikus ·

Dit klink soos n kleuterskool kreet? ??? Kanie Glo dat ons afrikaanse kunstenaars met niks anders as nog n kinder album voor en dag kan kom nie. Waar is Robbie Wessels leer asb die mense hoe dit gedoen Moet word. 2007 se Ons vir jou Suid Afrika het hart en gevoel gehaad, al wat die skrywer van die liedjietjie gepla het was dat die woordjies ruim. ?………. neeeeee manne

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.