Brendan brul met nuwe enkelsnit op Top-20

Brendan Peyper kuier in die Maroela Media-ateljee. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Spoegwolf se “Seile” klim vandeesweek ses plekke na die no. 13-posisie terwyl Appel se lied “Nonna” vir eers in die no. 1-posisie op vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 bly.

Brendan Peyper is terug met ʼn splinternuwe enkelsnit, “Sterk soos ’n leeu”, wat verlede week bekendgestel is. Dié snit maak sy toetrede tot die Top-20 in die 19de plek. Die musiekvideo vir die snit word Vrydag uitgereik.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg en 13 wat daal, twee wat onveranderd bly en een nuwe lied wat die week sy toetrede tot die treffersparade maak.

  1. Appel – “Nonna”
  2. Biggy – “Dames”
  3. Snotkop – “Pens en Pootjies”
  4. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  5. Refentse – “What a boytjie”
  6. Riana Nel – “Sterker”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  8. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  9. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore – “Ek weet al lankal”
  10. Brendan Peyper, Elandré, Refentse & Christia Visser – “Ons maak saak”
  11. Bok van Blerk – “Was”
  12. Elvis Blue ft Snotkop – “Langpad alleen pad”
  13. Spoegwolf – “Seile”
  14. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  15. Juanita du Plessis – “Maak dit los!”
  16. Tasché & Francois van Coke – “Vier seisoene kind”
  17. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  18. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  19. Brendan Peyper – “Sterk soos ʼn leeu”
  20. Elvis Blue – “Beloofde land”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

TooL ·

Net jammer meeste van die liedere beland nooit op my speellys nie … Luister net as ek moet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.