Brendan kies geloof bo vrees op Top-20

Jako Meyer se jongste enkelsnit, “My hande”, is nie soos sy gewone ruk-en-rol-geïnspireerde snitte nie.

Dié lied is liriekgedrewe en het ’n sterk melodie. In Jako se eie woorde: “Die koor sny tot in jou siel. ‘My hande’ handel oor om as mens kwesbaar en broos te wees. Ons is dikwels alleen op daardie skip op die waters en dis heeltemal oukei.”

Die 29-jarige Logan Pietersen, oorspronklik van Naboomspruit, het pas sy debuutenkelsnit, “3 Weke”, vrygestel. Van sy loopbaanhoogtepunte sluit in dat hy die top-96 in die derde seisoen van The Voice SA en die top-46 van Maak my famous gehaal het. Hy het boonop ook twee oudisies geslaag om Suid-Afrika in New York in 2020 te verteenwoordig, maar kon weens Covid-19 nie dié droom verwesenlik nie.

“My grootste uitdaging tot dusver was om my sussie te verloor in die tyd dat ek deelgeneem het aan The Voice SA. Sy was die een wat my aangespoor het en ewe skielik was sy net weg. Ter ere van haar nagedagtenis het ek besluit om nie moed op te gee nie en wel deel te neem,” deel hy.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Ruan Jordaan en Bouwer Bosch se “Meer as gereed”, Janie Bay se “Kalmeer”, Karlien van Jaarsveld en Dewald Wasserfall se “As dit reën”, Laudo se “Wat dit vat”, Zander Swanepoel se “Waarvandaan”, Pieter Smith se “Lekker op twee plekke”, Brendan Peyper se “Die wolf” en Kate Rok se “Wilgerlied”.

 

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Brendan Peyper. (Foto: Verskaf)

Ricus Nel het ’n goeie week aanlyn op stroom- én videokanale gehad. “Ploeg jy?” klim van verlede week se 18de plek na hierdie week se 5de plek.

Brendan Peyper se jongste enkelsnit, “Die wolf”, betree vandeesweek se Top-20 in die 11de posisie.

Irene-Louise van Wyk is nog steeds in die eerste plek met “Tekkies brand”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, agt wat daal, vyf wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat sy toetrede tot die treffersparade maak.

  1. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  2. Riaan Benade – “Vat ’n bietjie”
  3. Appel — “Dina”
  4. Riaan Benadé – “Spontaan”
  5. Ricus Nel – “Ploeg jy?”
  6. Bernice West – “Hemel op aarde”
  7. Franja du Plessis – “Bring dit”
  8. Tasché – “Baby, ek bly”
  9. Rooksein – “Damlelielief”
  10. Christia Visser – “Kaapse blou”
  11. Brendan Peyper – “Die wolf”
  12. Spoegwolf – “Silwer”
  13. Martin Bester – “Lilly”
  14. Steve Hofmeyr & Touch of Class – “’n Pa se hart”
  15. Appel – “Boerenooi”
  16. Kurt Darren – “Blok party”
  17. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  18. Dirk van der Westhuizen – “Vir altyd”
  19. Brendan Peyper – “Warm nog op”
  20. Dirk van der Westhuizen – “Roekeloos”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.