Bruide wil nie dié liedjies hoor nie

Argieffoto (Foto: NGDPhotoworks, Pixabay)

Daar is sekere liedjies wat bruide nie op die beste dag van hul lewens wil hoor nie.

Walt Hickey van FiveThirtyEight het ʼn lys saamgestel van die liedjies wat gewoonlik deur bruide verbied word en wat platejoggies nie tydens dié wonderlike geleentheid mag speel nie.

Hy het 182 speellyste, wat vanjaar tussen 31 Mei en 10 Junie ingedien is, bestudeer en met meer as 24 persone gesels wat professioneel musiek maak vir troues.

Die “Chicken Dance” is in die eerste plek en paartjies het by 23.1% van troues dié liedjie verbied. DJ Casper se “Cha-Cha Slide” is in die tweede plek met 22.5%. Los Del Rio se Latynse treffer “Macarena” is in die derde plek. Die klassieke 70’s-treffer “YMCA” word ook verbied.

Nóg ʼn interessante waarneming is dat meeste paartjies nie liedjies wil hoor wat mense gewoonlik na luister nadat hulle ʼn verhouding verbreek het nie. Liedjies soos Gloria Gaynor se “I Will Survive” en “My Heart Will Go On” word dus ook verbied.

Hier is die volledige lys van verbode liedjies in volgorde, met die liedjie, gewildste kunstenaar en die persentasie van troues waar dié liedjies verbied word:

– Chicken Dance – [Geen kunstenaar genoem nie] – 23.1%
– Cha-Cha Slide – DJ Casper – 22.5%
– Macarena – Los Del Rio – 17.6%
– Cupid Shuffle – Cupid – 16.5%
– YMCA – Village People – 15.4%
– Electric Boogie (Electric Slide) – Marcia Griffiths – 12.6%
– Hokey Pokey – [Geen kunstenaar genoem nie] – 10.4%
– Wobble – V.I.C. – 7.1%
– Happy – Pharrell Williams – 5.5%
– Shout – Isley Brothers – 5.5%
– Love Shack – The B-52’s – 49.5%
– We Are Family – Sister Sledge – 4.4%
– Blurred Lines – Robin Thicke – 3.8%
– Celebration – Kool & The Gang – 3.8%
– Cotton Eye Joe – Rednex – 3.8%
– Dancing Queen – ABBA – 3.8%
– Don’t Stop Believin’ – Journey – 3.8%
– Single Ladies – Beyonce – 3.8%
– Sweet Caroline – Neil Diamond – 3.8%
– Turn Down for What – DJ Snake and Lil Jon – 3.8%
– Watch Me (Whip/Nae Nae) – Silento – 3.8%
– Hot In Here – Nelly – 2.7%
– Mony Mony – Billy Idol – 2.7%
– All About That Bass – Meghan Trainor – 2.2%
– Baby Got Back – Sir Mix-A-Lot – 2.2%
– Booti Call – Blackstreet – 2.2%
– Gangnam Style – Psy – 2.2%
– Save a Horse (Ride a Cowboy) – Big & Rich – 2.2%
– Stayin’ Alive – Bee Gees – 2.2%
– Sweet Home Alabama – Lynyrd Skynyrd – 2.2%
– Uptown Funk – Mark Ronson and Bruno Mars – 2.2%
– Wagon Wheel – Nathan Carter – 2.2%
– What Do You Mean? – Justin Bieber – 2.2%
– All of Me – John Legend – 1.6%
– Bohemian Rhapsody – Queen – 1.6%
– Brown Eyed Girl – Van Morrison – 1.6%
– Call Me Maybe – Carly Rae Jepsen – 1.6%
– Footloose – Kenny Loggins – 1.6%
– Get Low – Lil Jon – 1.6%
– Hey Ya! – Outkast – 1.6%
– Hotline Bling – Drake – 1.6%
– I Will Survive – Gloria Gaynor – 1.6%
– My Heart Will Go On – Celine Dion – 1.6%
– SexyBack – Justin Timberlake – 1.6%
– Shake It Off – Taylor Swift – 1.6%
– Sugar – Maroon 5 – 1.6%
– Total Eclipse of the Heart – Bonnie Tyler – 1.6%
– You Shook Me All Night Long – AC/DC – 1.6%

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anti-Alkohol ·

Pleks kommer die bruide oor minder drank by hul troue. Musiek en dans is lekker (daar is n paar liedjies wat nie vanpas is nie) maar wat is nou fouy met n lekker fun hoender dansie?
Maar die DRANK! …en die bruide is deesdae meer getrek as die gaste….sies dis lelik!
Beloof trou in die kerk -voor God – en dan raak ons buiteweste by die “afterparty”

Dean ·

Dank vader daar is mense wat nes ek voel, veral oor die eerste 6 bo die lys.

Deon ·

Hoekom trou as die kans op n egskeiding 90% is. Die liedjie lys dan seker maar van toepassing op n egskeidings partytjie…. Party se alies begin jeuk na n jaar, ander na 14 jaar. Saambly spaar die kostes verbonde aan n troue en / of n egskeidings partytjie.

VanAfrika ·

En so doen ons als teen God se wil en lewe maar in sonde, ten koste van geld en egskeiding.

VanAfrika ·

En lewe dan in so in sonde teen God se wil. Wees lief vir jou vrou soos God die kerk lief het, dan sal jou oe nie dwaal en jy op groener weivelde gaan wei nie. Daar is paarjies wat dit reg kry om lewens lank getroud bly, volg hulle voorbeeld en jy hoef jou nie te bekommer oor egskeidings en geld mors op die beste dag van jou lewe nie en vir mense sulke snert te verkoop nie. Glo nog steeds in die instansie van die huwelik want dit is waaroor familie en die God gaan instede van losbanding te wil lewe want dit gaan makliker wees om uit n los verhouding uit te loop as uit n huwelik wanneer dit jou pas

Dankbaar ·

As die mens net wil BESEF dat dit die eenvoudigste ding is om te doen: gehoorsaam die God wat huwelike ingestel het EN vergeet van regte – dit het ‘n absolute vloekwoord geword want as kind van God is daar GEEN regte van die self nie, maar bly binne SY voorskrifte en die waarborg is dat jy voorspoedig sal wees in alles – ook in die huwelik…

k ·

HAHA lag ek nou lekker vir die lysie – van hierdie is lekker dans liedjies en wat is nou lekkerder as dans op n troue? Liedjies is net liedjies dit hang af of jy iets diepers in dit sien of nie (my opinie). Op my troue is al die liedjies meer as welkom…..Solank die skoene of tone net op die dansbaan is…

Bes Steyn ·

Ons Suid Afrikaanse bruide hou gelukkig van n lekker joligheid dit is hulle dag, en die res: Moet dit nie kop toe vat nie man…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.