Bryan Adams kom weer SA toe

Bryan Adams. Foto: Facebook

Bryan Adams kom weer in Suid-Afrika optree as deel van sy Get Up!-wêreldtoer.

Adams (57), wat bekend is vir liedjies soos Summer of ’69, (Everything I Do) I Do It For You en Heaven, sal in Johannesburg, Pretoria, Durban en Kaapstad optree.

Volgens Big Concerts is dit deel van sy wêreldtoer om sy 13de album Get Up! te bemark. Adams het reeds meer as 65 miljoen albums wêreldwyd verkoop, in ses kontinente getoer en nommer een-treffers gehad in meer as 40 lande.

Adams spog met ’n Grammy-toekenning, 18 Juno-toekennings en ’n AMA-toekenning. Hy is ook vir drie Oscars en vyf Golden Globes benoem.

Adams sal op 9 Desember by die Ticketpro Dome in Johannesburg optree. Kaartjies kos van R515 tot R1 080.

Hy sal op 10 Desember by die Sun Arena, Time Square, in Pretoria optree, waar kaartjiepryse ook sal wissel van R515 tot R1 080.

Adams sal op 12 Desember by die Durbanse Internasionale Konferensiesentrum optree en kaartjies daarvoor kos tussen R460 en R915.

Hy sal sy optredes afsluit met ’n vertoning by Kaapstad se Grand Arena by die GrandWest-casino. Kaartjies vir dié konsert wissel tussen R575 en R1 020.

Kaartjies sal vanaf 14 Junie te koop wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Riaan ·

Een van die beste kunstenaars wat nog op hierdie aarde geloop het. Sal beslis wéér gaan kyk.

Armgat ·

Ai…. as dit meer bekostigbaar kon wees vir die gewone mense ook… sou dit bitter graag wou bywoon!

Rietjie ·

Stokoud musiek. Wanneer laas het hy ‘n treffer gehad??? What a has been.

Stephan ·

Hoekom nie ook die datums vir sy Kaapstad optrede bekend maak nie?

Hendrik van George ·

Een van sy konserte onlangs gesien – absoluut puik. Wêreld klas kunstenaar!

Andrea ·

O ek is beslis daar! Ek mis dit nie. Daai “hees geskree” soos iemand hierbo gesê het, is supersexy vir my.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.