Bryan Ferry toer na SA

Bryan Ferry sal in 2019 na Suid-Afrika kom as deel van sy Global Tour, het Jacaranda FM vandag bekendgemaak.

Ferry is bekend as hoofsanger vir die groep Roxy Music en hul liedjies, “Virginia Plain”, “Street Life” en “Love is a Drug”. Hy spog ook met solotreffers soos “Lets Stick Together” en “This is Tomorrow”.

Hierdie toer is moontlik die laaste keer dat Suid-Afrikaanse aanhangers in lewende lywe kan sien hoe Ferry sy grootste treffers sing.

Ferry sal op 14 Februarie 2019 in GrandWest in Kaapstad optree en op 16 Februarie 2019 by die Sun Arena in Pretoria.

Kaartjies kan vanaf Woensdag 5 September gekoop word by bigconcerts.co.za en Computicket.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.