Buffelsfontein-liedjie ʼn treffer op Top-20

Meyer le Roux en Riaan Benadé. (Foto: Facebook/Buffelsfontein Baard-olie)

Riaan Benadé oorheers vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met ’n splinternuwe liedjie wat die treffersparade betree en sommer reguit na die topposisie gespring het.

“Rowwe bliksem”, waarop Jay du Plessis saam met Benadé verskyn, se musiekvideo is verlede week uitgereik en het reeds meer as 131 000 trefslae op YouTube. Die video is deur Dapper Media vervaardig.

Die liedjie is deur Riaan Benadé, die akteur en sanger Marno van der Merwe en Jay du Plessis geskryf. Die liedjie dien hoofsaaklik as bemarking vir die brandewyn- en baardoliehandelsmerk Buffelsfontein.

Benadé se “Spontaan” is in die vierde plek, “Vat ʼn bietjie” in die sesde plek en “Kannie sonder jou nie”, sy duet saam met Demi Lee Moore, is in die 15de posisie.

Eloff word dus ná etlike weke in die eerste plek onttroon en “Johnnie Blou” is nou in die tweede plek.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, 11 wat daal en drie wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat sy toetrede tot die top-20 maak.

  1. Riaan Benadé en Jay du Plessis – “Rowwe bliksem”
  2. Eloff – “Johnnie Blou”
  3. Irene-Louise van Wyk — “Tekkies brand”
  4. Riaan Benadé – “Spontaan”
  5. Demi Lee Moore – “Wie se hart breek jy vanaand”
  6. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  7. Appel – “Dina”
  8. Bernice West – “Hemel op aarde”
  9. Reën – “Vakansie op die platteland”
  10. Wikus Botma – “Brannewynlippe”
  11. Bernice West – “Dink aan jou”
  12. Jay & Irene-Louise van Wyk – “My volgende fout”
  13. Franja du Plessis – “Bring dit”
  14. Die Heuwels Fantasties met Coenie de Villiers – “Victoriabaai”
  15. Demi Lee Moore & Riaan Benadé – “Kannie sonder jou nie”
  16. Rooksein – “Damlelielief”
  17. Ruhan du Toit – “Ter wille van ons kinders”
  18. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  19. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  20. Tashé – “Baby, ek bly”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings:

Tino. (Foto: Facebook/Tino)

Tino (Tinotenda Singe), die 19-jarige TikTok-sensasie, het onlangs sy jongste enkelsnit “Kateriena Malherbe” bekendgestel. Die liedjie is geskryf deur die akteur en sanger Hennie Jacobs.

Tino is in Zimbabwe gebore en het as kleuter saam met sy ouers na Suid-Afrika verhuis en op Swellendam in die Suid-Kaap tuis geraak. Hy het sy hoërskoolloopbaan aan Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal voltooi. Later het Tersuis Balt hom onder die vlerk geneem en hom leer kitaar speel.

Die sanger en bekroonde liedjieskrywer Rudi Claase vier vanjaar sy 21ste jaar in die musiekbedryf. Hy het besluit om vanjaar te toer om dié mylpaal te vier. “Bly staan” is ʼn liedjie wat hy oorspronklik vir die sangeres Ronel Erasmus geskryf het, maar ná talle versoeke deur sy aanhangers hy het besluit om dié lied self op te neem.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Rikus Pieters se “Jou vriend wees nie” en Marica Barnard se “Stofpaaie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vonkprop ·

Ek is ‘n groot aanhanger van Buffelsfontein, maar ai hierdie video van hulle werk nie so lekker nie.

Kirst ·

Die feit dat dit die mees gewilde liedjie tans is laat my wonder oor die Afrikaner

Pieter9 ·

Het ek nie iewers gelees dat Riaan Benade homself as ‘n gelowige vereenselwig – nie seker nie, maar indien dit wel die geval is doen die liedjie daardie ‘getuienis’ niks goed nie, inteendeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.