Burgerd Botha stel nuwe klank bekend

Burgerd Botha. Foto: Facebook via Burgerd Botha

Burgerd Botha. Foto: Facebook via Burgerd Botha

Die gewilde sanger Burgerd Botha, wat bekendheid verwerf het as lid van die veelbekroonde groep Romanz, het onlangs sy eerste enkelsnit, Hartlagsiel, as solokunstenaar vrygestel.

Burgerd is ’n bekende gesig by plaaslike konserte soos Huisgenoot Skouspel, Gospel Skouspel en ander feeste regoor die land. Hy het onder meer saam met die Suid-Afrikaanse Olimpiese span na Londen gereis en by South African House gesing. In 2011 het hy by Prins Albert en Prinses Charlene van Monaco se huweliksbevestiging gesing saam internasionale bekendes soos Umberto Tozzi en Andrea Bocelli.

Hy is baie opgewonde oor die nuwe hoofstuk vir sy sangloopbaan. “Ek kan nie wag om die musiekwêreld as solis te betree nie,” het die sanger in ‘n verklaring gesê.

Kyk die musiekvideo vir sy nuwe enkelsnit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Boertjie ·

Watse gemors is dit die. Ons sit in nood van aanvalle en die gemors kry meer media as enige iets anders. Ons moet dalk vir so rukkie stop sit met die goed en begin fokus op wat saak maak vir ons mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.