Burgerd Botha vertel van romantiese verlowing langs Vaalrivier

Burgerd Botha en Charlene Barnard. (Foto: Facebook via Burgerd Botha)

Burgerd Botha en Charlene Barnard. (Foto: Facebook via Burgerd Botha)

Die Afrikaanse sanger, Burgerd Botha, wat naam gemaak het as een van die minnesangers van die gewilde sanggroep Romanz, is op pad kansel toe.

Botha (32), wat onlangs sy solodebuutalbum Hartlagsiel bekend gestel het, en die blondekop Charlene Barnard (21), het op Sondag 3 Maart verloof geraak.

Hy het onlangs prettige foto’s met nuus van die verlowing op sosiale media gedeel. “Sy het ja gesê!” het hy daarby geskryf.

Botha vertel aan Maroela Media hy het op Barnard se verjaarsdag die ring aan haar vinger gesteek. “Ons was by haar familie aan die Vaalrivier. Ek het nie aanvanklik beplan om dit so te doen nie, maar toe ek besef dat al haar naaste mense in elk geval by haar verjaarsdagpartytjie teenwoordig sou wees, het ek vinnig my planne verander.”

Hy sê Barnard is nie iemand wat graag aandag op haarself vestig nie. “Ek dink tog sy het hierdie tipe verlowing baie meer waardeer as wat ons heeltemal alleen êrens op ʼn berg of so iets was,” skerts hy.

Burgerd en Charlene het op haar verjaarsdag langs die Vaalrivier verloof geraak. (Foto: Facebook via Burgerd Botha)

Burgerd en Charlene het op haar verjaarsdag langs die Vaalrivier verloof geraak. (Foto: Facebook via Burgerd Botha)

Botha vertel hy het ʼn hele boks met verskillende geskenke toegedraai en Barnard moes dit oopmaak totdat sy by die kleinste boksie uitgekom het. “Elke geskenk het ʼn handgeskrewe briefie met van my liedjies se lirieke gehad, en net voordat sy by die ring uitgekom het, het sy eers ʼn boksie met oorbelle en ʼn armbandjie wat ek ʼn rukkie gelede vir haar in Spanje gekoop het, oopgemaak.”

Toe sy die laaste boksie oopmaak, moes sy eers weer ʼn briefie lees. “Aan die einde van die briefie het ek gevra: ‘Sal jy met my trou?’. Sy het ʼn traan of twee van blydskap gepink en ek was net te bly sy het ja gesê.”

Die paartjie, wat tans in Brits woonagtig is, weet nog nie wanneer hulle bruilof gaan hou nie. “Ons is nie haastig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Bert ·

Dit was die beste keuse wat jy ooit gemaak het Burgerd (behalwe om jou sangstem te ontwikkel) Sy is beslis die Hartlagsiel waarvan jy sing op jou nuwe album. Mag julle lewens oorloop van hartlagsiel-oomblike en uitbundige vreugde. Baie, baie geluk.

Theresa ·

Baie geluk julle!! Baie Seën, geluk en voorspoed vorentoe. Mag dit eindloos wees!!

Sonja Alberts ·

Burgert jy verdien dit ek is sooooo baie bly vir jou part!!!!!!!!!!!!Ek is mal oor jou musiek en as mens wens julle 2’tjies net vreugde en geluk toe want Liewe Jesus het haar spesiaal vir jou gestuur nomaals baie geluk!!!!Sterkte met julle nuwe toekoms saam en weet julle doen die regte ding!!!Burgert is mal or jou (toe jy nog vir Romanz gesing het)mag jou sangloopbaan en nuwe liefde jou nog baie jare vorentoe seen wees.

Andre ·

11 jaar ouderdoms verskil? Glo nie dit sal hou nie, hy lyk of hy gelukkiger met `n man sal wees.

marisa ·

Andre jy klink soos n doemprofeet rerig hou jou aaklige opmerkings vir jouself!!

Andre'tjie ·

@Andre, hoe lyk ‘n man wat gelukkiger saam met ‘n man sal wees, is jy miskien daardie man?

Lekker lag ·

Wens julle baie geluk in die toekoms. Leef julle reis. Maar wees lugtig vir die aanbieder.

Moppy ·

Baie geluk Burgerd en Charlene ek glo dat Jesus jul 2 pragtige mense saam gevoeg het en ek is n groot aanhanger van jul groep Romanz en moet se jou stem is van di beste manne wat sing sal beslis jou nuwe CD kry het al julle CD’s en DVD ‘s gekoop en luister dit oor en oor dis van SA se beste musiek Prys di Here vir jul talent God Seen jul sommer baie jare saam Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.