BZN groet SA en musiekbedryf met Grand Finale

Band Zonder Naam neem finaal afskeid van Suid-Afrika ná 40 jaar in die musiekbedryf.

Jan Keizer en Anny Schilder het tydens die 70’s en 80’s Afrikaanse harte verower met van hul grootste treffers soos “Yeppa”, “Tonight”, “Wheels on Fire”, “Le Legionnaire”, “Waltzing Maria” en “Mon Amour”. Die liedjies is steeds groot gunstelinge waarvan die klanke nog gereeld op plaaslike radiostasies gehoor word.

Dié legendariese duo sluit hierdie jaar hul loopbane af met drie finale optredes in Suid-Afrika. “Suid-Afrika was nog altyd goed vir ons. Ons is lief vir die land en die mense,” vertel Anny.

Hulle beplan ʼn onvergeetlike reis deur die jare propvol herinneringe en heimwee. Met meer as 30 albums op hulle kerfstok, beloof die Grand Finale om nie een treffer oor te sien wat BZN beroemd gemaak het nie.

Deur die jare het hulle verskeie toekennings ontvang vir die wonderlike musiek waarmee hulle luisteraars bederf het. Die tweemanskap is albei deel van die oorspronklike groep en is die enigste groep wat vir meer as 26 agtereenvolgende jare (1973 tot 1998) enkelsnit-treffers op die Top-40 gehad het. Om die heel laaste optredes van BZN in Suid-Afrika nog meer onvergeetlik te maak, snoer hulle kragte saam met verskeie top plaaslike kunstenaars soos Juanita du Plessis, Nadine, Ruan Josh, Franja du Plessis en Manie Jackson. Christo en Cobus vorm ook deel van die voorskou.

Met só wonderlike oploop tot die Grand Finale beloof dit om BZN se finale toer op ‘n reusehoogtepunt te eindig. Inderdaad nie ‘n geleentheid om mis te loop nie!

Kaartjies vir die optredes beloop tussen R250 – R650 per persoon en is beskikbaar op iTickets.

11 Oktober – Grand Arena, Grand West in Kaapstad
12 en 13 Oktober – Carnival City in Johannesburg
Verkope: iTickets
Facebook: https://www.facebook.com/BZNsatour2019/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.