Die Band Zonder Naam (BZN) spog met meer as 30 verskillende albums wat platinumstatus in Nederland bereik het en die groep het daarin geslaag om vir 22 jaar tussen 1977 tot 1998 elke jaar ʼn album uit te reik wat platinumstatus bereik het. Tog is dit nie noodwendig hierdie uitsonderlike prestasies wat die eerste ding is waaraan Suid-Afrikaners dink as hulle die naam BZN hoor nie, maar wel die lekker musiek en goeie tye wat die hele familie beleef het terwyl die groep se musiek gespeel het.
Jan Keizer en Anny Schilder kom maak in Oktober en November ʼn draai Suid-Afrika om hierdie tikkie nostalgie met hul plaaslike aanhangers te deel en gaan in tien dorpe en stede regoor die land optree om hulle grootste treffers te sing. Nadine en Gerrie Pretorius is die gaskunstenaars wat die twee legendariese sangers sal vergesel tydens hulle toer.
Esté Meyer Jansen het die geleentheid gehad om met Jan en Nadine oor die komende toer te gesels in Sandton, Johannesburg.
- Besoek gerus Starsinsa.co.za vir meer inligting oor die BZN se toerdatums. Kaartjies kan ook by Computicket en iTickets bespreek word.
Hoe kan Jan Keizer, koning van de Nederlandstalige muziek, nou Engels praten?! Maroela, jullie hadden een onderhoud in het Nederlands of Afrikaans moeten eisen!!
Kan die wag dat hulle hier kom optree nie, en hulle is plat op die aarde, uitstekend musiek.