Cajun, ons boeremusiek

Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Cajun-musiek word talle male vergelyk met Suid-Afrika se boeremusiek. Maar wat is Cajun-musiek? Cajun-musiek is afkomstig van Louisiana in die VSA in die dertigerjare en het sy ontstaan te danke aan Franssprekende Kanadese. Hierdie genre is ook sinoniem met Zydeco-musiek.

Hierdie genre maak gebruik van instrumente soos banjo’s, trekklaviere, mondfluitjies en mandolien, waar die trekklavier soos by ons die konsertina, die hoofinstrument is. Afgesien van die stemme word gewoonlik net die trekklavier en viole gehoor wat dan die melodie dra. Die banjo, mandolien en mondfluitjie word meer as slaginstrumente gebruik. Die meeste van hierdie instrumente het ʼn Afrikaherkoms en baie style van die slawe, veral Afrikaritmes, het die genre beïnvloed.

Die liedjies is gewoonlik opgewekte ballades met staccato-ritme en dubbelstoppe op die viool. Walse en tweepasdanse (two-step) is die algemeenste dansvorme in Cajun-musiek. Cajun-musiek kan ook gedeel word in subgenres soos “Traditional Cajun” (voor 1930), “Western Swing” (1934–1941), “Dancehall Cajun” (1946–1960) en “Cajun Renaissance”. Cajun bevat oor die algemeen elemente van volksmusiek, bluegrass en jazz.

Die Pine Leaf Boys in Louisiana is deesdae die toonaangewende orkes wat Cajun-musiek speel. In Suid-Afrika kan jy luister na groepe soos Beeskraal se vroeër opnames wat hierdie styl perfek verpak. Hierdie genre het ook popmusiek deur massamedia beïnvloed en het tot vandag toe nog ʼn sterk invloed op countrymusiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.