‘Carols by Candlelight’: Musiek, liefdadigheid én meer

Carols by Candlelight (Foto: Berrymead Kerk)

Carols by Candlelight (Foto: Berrymead Kerk)

Verlede jaar se Carols by Candlelight-liefdadigheidsvertonings het verseker dat meer as R60 000 en 289 bokse speelgoed vir behoeftige kinders ingesamel word. Nou word dié inisiatief van Spar en JacarandaFM vanjaar wéér in Johannesburg (3 Desember) en Pretoria (1 Desember) aangebied.

Kunstenaars wat by vanjaar se Pretoria-konsert te sien is, sluit onder andere in Lloyd Cele, Kurt Darren, Elvis Blue, Charlize Berg en Swing City in Pretoria. Die kunstenaars ChianoSky, Lloyd Cele, Richard Stirton, Ross van Prime Circle, Kahn van The Parlotones en Charlize Berg en Swing City in Johannesburg, asook die Soweto Gospel Choir, sal by die Johannesburg-konsert te sien wees.

Die Pretoria-konsert vind vanjaar plaas by die Loftus Versfeld Stadion in Pretoria en die Johannesburg-konsert by die Bidvest Wanderers Stadion.

Toegang is ook weer gratis, maar konsertgangers word versoek om ʼn speelding, wat nie toegedraai is nie, by die konserte te skenk aan die liefdadigheidsorganisasies Child Welfare Tshwane, Heartbeat en Hanna Charities.

Kevin Fine, JacarandaFM se algemene bestuurder, sê dié konsert is ʼn jaarlikse hoogtepunt vir die radiospan.

“Dit is ʼn voorreg om dié Kerstyd saam met luisteraars deur te bring, en ook iets goeds vir minderbevoorregtes te doen tydens Kerstyd. Vanjaar hoop ons om selfs meer speelgoed in te samel om ʼn glimlag op ʼn kind se gesig te plaas,” het hy gesê.

Hekke vir albei konserte open 16:00. Die konsert begin 19:00 en duur tot 21:00.

Vir meer inligting, besoek JacarandaFM se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dina van Niekerk ·

LIGSTRAAL :

‘n Baie oulike benaming vir die Engelse “Carols by Candlelight” is : “VERSE@KERSE” –
ons kerk se jongmense het dit uitgedink – Afrikaansflink en puik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.