Carols by Candlelight nié meer op Loftus Versveld

Karen Zoid (Foto: Sharné Rust)

JacarandaFM en Spar se Carols by Candlelight-konsert sal nié meer op Loftus Versveld in Pretoria gehou word nie.

Minisha Patel, bemarkingsbestuurder vir Jacaranda FM, het Dinsdag gesê dié konsert sal Dinsdagaand (5 Desember) skuif na die NG Gemeente Moreletapark in Pretoria weens volgehoue reën.

Die hekke open steeds om 16:00 waarna die geleentheid om 19:00 sal begin.

“Ons verwelkom elke druppel reën, maar daar’s geen rede om dit ʼn demper op die feestelike gees te laat plaas nie”, sê Patel. “SPAR en Jacaranda FM het alles binne ons vermoë gedoen om seker te maak dat die vertoning voortgaan. Bring steeds jou familie en vriende, jou piekniekmandjie en ʼn speelding vir ʼn behoeftige kind en sluit by ons aan vir ʼn aand vir die hele gesin.”

Juanita du Plessis, Karen Zoid, Refentse, Elvis Blue, Charlize Berg, Jo Black, die Mzansi Youth Choir en Joe Niemand is in vanjaar se konsert te sien.

Toegang tot dié konsert is gratis, maar konsertgangers word gevra om ʼn nuwe speelding te skenk wat aan uitgesoekte liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word.

Alle opbrengste van die kerse en liedboekies wat op die aand verkoop word, sal aan JacarandaFM se Good Morning Angels-veldtog gegee word.

Geen blikkies, bottels, glase, botteloopmakers, harde koelbokse, alkohol, vuurwapens, blaashorings, vuurwerke of videokameras word binne die ouditorium toegelaat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.