Cat Stevens kom SA toe

Cat Stevens. Foto: Facebook

Die Britse sanger en liedjieskrywer Cat Stevens kom vir die eerste keer in Suid-Afrika optree.

Stevens, ook bekend as Yusuf Islam, sal in November in Suid-Afrika te sien wees as deel van sy Peace Train Tour. Die toer is die 50ste herdenking van Stevens se eerste treffer en debuutalbum Matthew & Son wat in 1967 vrygestel is.

Stevens is in 2014 in die Rock en Roll-heldesaal gehuldig. Aanhangers kan tydens sy optredes uitsien na treffers soos “Wild World”, “Moonshadow”, “Father and Son”, “Morning has Broken”, sowel as liedjies van sy nuwe album.

Stevens sal op 9 November by die Grand Arena by die GrandWest-casino in Kaapstad optree. Kaartjies kos tussen R450 en R1 200.

Hy sal op 12 November by die Sun Arena, Time Square, in Pretoria optree, waar kaartjiepryse ook wissel van R450 tot R1 200.

Hy sal sy optredes afsluit met ’n vertoning by die Durbanse Internasionale Konferensiesentrum. Kaartjies kos ook tussen R450 en R1 200.

Kaartjies sal vanaf 27 Julie om 09:00 op Computicket te koop wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Scalla ·

Is die kaartjiepryse nie buitensporig hoog nie, wat maak hom so beroemd en bemind, vra maar net.

Marianne ·

Scalla ek kyk dit sommer mahala op Youtube en koop biltong met daai geld!

Muis ·

Weet julle wie is Cat Stevens??!! Ek sal dubbel daai betaal. You tube julle asb maar…

Gert ·

Scalla. As jy dit vra sal jy in elk geval nie verstaan as ons verduidelik nie

Willem ·

Scalla, regtig, hoe kan jy vra wat hom beroemd maak? Ten minste kan die man sing en lirieke skryf, iets wat 99% van ons lokale “sterre” nie kan doen nie.

E.K. - ek sê net! ·

Scalla, hy het pragtige musiek gemaak en die lirieke het minstens iets gesê was nie net poppie-rokkie-bokkie tipe snert nie. DIS waarom hy bemind was, sy musiek was luisterbaar en saamsingbaar! Gaan kyk gerus op Computicket wat kos kaartjies van party kunstenaars wat hierheen kom, party BEGIN by R1000 en meer.

Piet Pompies ·

Die man is ‘n legende as dit by musiek kom, tydloos, oorspronklik, karakter….wat die prys van die kaartjie aanbetref, winskoop

Rooiwillem ·

Die mense word in Rand betaal. Vir ‘n legende is dit baie billik. Hy kom November Melbourne toe. Kaartjies begin by $280 (R3,200)

Ashlee ·

Stem saam piet pompies. Winskoop. Meer as 5 maal daardie bedrag in Australia November toer.

Nico K ·

Vir my is dit ironies dat hy nou as Cat Stevens geadverteer word. Hy wil dan eintlik Yusuf Islam wees. Hy het besluit hy hou nie van die Weste nie en wil eintlik Moslem wees, maar as hy moet geld maak is Cat Stevens goed genoeg.

Gert ·

Dis die suid afrkaanse pers wat praat van Cat Stevens. Hy noem homself Yusuf/Cat Stevens

A. Mac ·

Nico K, ek stem 100% saam met jou. Hoekom nou wil Cat Stevens wees as hy jare terug sy naam en geloof verander het. Hy kan mos onder Yusuf Islam optree. En ek kry die idee dat oorsese kunstenaars net in Suid Afrika kom optree om hulle sakke te stop.

RudiB ·

A.Mac dieselfde antwoord vir jou as vir Nico. Hy kom nie preek nie. Hy kom sing. Gaan lees bietjie watse humanitêre werk hy doen. Wat doen jy? Haal jou donker bril af.

Jan ·

Ag asseblief , ‘n ou has been wat nou nog wil kom geld maak !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.