deur Elizabeth Fourie
My beste Jesusliedjies 2 is vir kinders tot so 10 jaar oud en is propvol splinternuwe, op-en-wakker en vrolike lofliedjies.
Kinders (en grootmense!) gaan ewe lekker saamsing, en sommer ‘n bietjie dans ook!!
Ideaal vir gebruik in die motor, klaskamer, kinderkerk en Kleuterskool. Elke liedjie is gekoppel aan ‘n Bybelvers of gedeelte, sodat kinders ook sommer iets byleer sonder dat hulle eers weet. Daar is liedjies met engelse versies by en ook een of twee in ‘n swart taal, sodat almal in die klas dit saam kan geniet.
Die perfekte geskenkie – wat ook ‘n saadjie saai – vir die volgende kind wat verjaar, of vir die kleinkinders wat oorsee bly
Julle gaan ure se vreugde uit hierdie liedjies put …. en ter selfder tyd kan baie harte vir JESUS gewen word!
Beskikbaar: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R71-71*
*Prys onderhewig aan verandering