CD: My beste Jesus liedjies 2

Jesusliedjiesdeur Elizabeth Fourie

My beste Jesusliedjies 2 is vir kinders tot so 10 jaar oud en is propvol splinternuwe, op-en-wakker en vrolike lofliedjies.
Kinders (en grootmense!) gaan ewe lekker saamsing, en sommer ‘n bietjie dans ook!!

Ideaal vir gebruik in die motor, klaskamer, kinderkerk en Kleuterskool. Elke liedjie is gekoppel aan ‘n Bybelvers of gedeelte, sodat kinders ook sommer iets byleer sonder dat hulle eers weet. Daar is liedjies met engelse versies by en ook een of twee in ‘n swart taal, sodat almal in die klas dit saam kan geniet.

Die perfekte geskenkie – wat ook ‘n saadjie saai – vir die volgende kind wat verjaar, of vir die kleinkinders wat oorsee bly
Julle gaan ure se vreugde uit hierdie liedjies put …. en ter selfder tyd kan baie harte vir JESUS gewen word!

Beskikbaar: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R71-71*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.