Ché, Snotkop bekruip no. 1 op Top-20

Bernice West. (Foto: Jannes Erasmus)

Bernice West se nuwe enkelsnit, “Kom binne”, betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 18de plek. Sy het dus nou drie snitte wat op die treffersparade pryk.

West se debuutalbum, Net geleen, is vroeër vanjaar bekendgestel. Sy het al die liedjies in die album self geskryf met die hulp van haar broer Renier van der Westhuizen en Johan Vorster van Inhoud Huis.

Ché en Snotkop kruip ook nader aan die no. 1-posisie met “Ek like hoe jy dans”. Ché was voorheen deel van die groep “MuzikKids”.

Demi Lee Moore neem hierdie week die no. 1-posisie in met “Maak my jou tequila”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, sewe wat daal, agt wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit wat die week die top-20 betree.

  1. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  2. Riaan Benade – “Gooi nog ’n whiskey”
  3. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  4. Ché ft Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  5. Elandré – “Dag en nag”
  6. Bernice West – “Sonop-blom”
  7. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  8. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  9. Refentse – “Stormnag”
  10. Lianie May & Jay – “Dors”
  11. Janie Bay & Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  12. Bernice West – “Die hart”
  13. Appel – “Nonna”
  14. Refentse – “Daai deng”
  15. Margot – “Tydelike afleiding”
  16. Jo Black – “Spring”
  17. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  18. Bernice West – “Kom binne”
  19. Gerhard Steyn – “Groter as Goliat”
  20. ADAM – “Liefde is”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Snowball ·

Bernice West – wat ‘n sensasie! Vars en oorspronklik en so talentvol. ‘n Mens kan nie help om net elke keer meer beindruk te wees met haar nie. Knap gedaan, mag sy nog baie treffers hê!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.