Chris Lamprecht vereer met Andrew Murray-FAK-toekenning

Dr. Danie Langner en Chris Lamprecht. Foto: Verskaf

Dr. Danie Langner en Chris Lamprecht. Foto: Verskaf

Chris Lamprecht (88) is verlede week tydens die jaarlikse Andrew Murray-prysfondsgeleentheid in Stellenbosch vereer met die eerste Andrew Murray-FAK-toekenning vir die bevordering van Christelike musiek.

Dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, sê die organisasie wil met dié toekenning erkenning verleen aan die Murray-familie se bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaanse Christelike musiek sedert 1860, sowel as die rol wat kerkmusici speel om op die trotse tradisie voort te bou.

“Chris Lamprecht het oor ’n tydperk van 40 jaar ’n ontsaglike groot skat van gewyde musiek tot die Afrikaanse musiekerfenis toegevoeg as orrelis, koorleier, komponis en verwerker van Afrikaanse koormusiek,” het Langner gesê. “Daarby het hy etlike honderde tradisionele Afrikaanse liedjies verwerk waarvan talle in die 1979- en 2012-FAK Sangbundels opgeneem is.”

Die liederebundel, Die Kinderharp, het tydens die herlewingsdienste van 1860, met dr. Andrew Murray aan die spits, verskyn. Dit was die voorloper van die eerste Hallelujaboek wat in 1903 uitgegee is deur ds. Charles Murray, die jonger broer van dr. Andrew, wat in daardie stadium nog in Nederlands geskryf was.

Die Nuwe Halleluja, deur ds. A.C. Murray, het amper 30 jaar later in 1931 verskyn.

Die volgende video is in Junie 2013 deur Jacques Strydom op YouTube gelaai. ’n Impromptu weergawe van “Aandgesang” deur Chris Lamprecht deur die alumni van die Pretoriase Kinderkoor, Pretoria Universiteitskoor en Cantamus Corde tydens ‘n boekbekendstelling deur Petru Grabe oor sy 40 jaar in die koorbedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lize ·

Baie dankie vir die fokus op goeie nuus. Dit is n welverdiende pluimpie vir Chris Lamprecht se kosbare skat musiek wat deur kore wêreldwyd gesing word. Ons is trots op ons Suid-Afrikaanse komponis!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.