Christa Steyn se dood gedenk

Christa-Steyn

Christa Steyn. Foto: Christasteyn.co.za

Christa Steyn, liedjieskrywer en pianis, is op 11 Junie 2012 is ná ’n lang stryd met kanker dood.

Ter herdenking van haar dood het haar vriendin Cornel Stander ’n komposisie wat sy ’n jaar gelede geskryf het op haar jongste album ingesluit. Volgens Stander het Christa in 2014 in ’n droom aan haar verskyn en gesê dat dit nodig was dat sy begin skryf. Cornel het wakkergeskrik en besef dat Christa “reg langs haar” was.  Cornel het ’n paar woorde begin neerpen en die musiek en lirieke het net begin vloei.

Cornel is ’n rekenmeester van beroep, maar volgens haar was sang en musiek nog altyd ’n groot liefde. ‘’n Mens het balans in jou lewe nodig”, spot sy.

Die bekende orrelis Ockie Vermeulen is die vervaardiger van Cornel se jongste album, Fingerprints, en het ook die musikale verwerkings gedoen. Sy en Ockie het mekaar in 2011 deur Christa ontmoet en sy is dankbaar dat Ockie ingestem het om sy talentvolle vingerafdrukke op hierdie projek te laat.

“Vir Christa” is ’n huldeblyk aan Cornel se vriendin van nege jaar en is op 11 Junie 2014 geskryf, op die tweede herdenking van Christa se dood. “Christa is een van die mense wat die grootste vingerafdruk op my lewe gelaat het, en ek mis haar elke dag,” vertel sy. In 1984 het Christa die ATKV se Crescendo-kompetisie met die komposisie “Ken jy jouself”, gewen. Dié liedjie is deur Anneli van Rooyen opgeneem. Cornel het dit ook op hiedie album ingesluit. Ockie Vermeulen het die instrumentale tema van die rolprent Forrest Gump ook in dié verwerking gebruik.

“Ek het nog altyd gehou van ’n mooi melodie wat ’n storie vertel en daarom poog ek met my liedjies om direk met mense se harte te praat en daardeur ’n bietjie liefde, lig, vrede en geluk te versprei,” sê Cornel. Die album bevat Afrikaanse en Engelse luisterliedjies waarop Cornel haar eie stempel afgedruk het. Onder die bekende snitte is John Lennon se “Imagine” asook “To Where You Are” van Josh Groban en “Laslappieliedjie” ’n keurspel van bekende Afrikaanse liedjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.