Christia se lied vir verloofde draai op Top-20

Christia Visser maak vandeesweek haar toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met “Kaal voor jou”, ʼn lied wat sy vir haar verloofde geskryf het.

Visser sou in April voor die kansel gestaan het, maar moes die troue uitstel weens die Covid-19- pandemie. Die sangeres het die liedjie spesiaal geskryf vir haar aanstaande en wou dit speel terwyl sy na die kansel stap.

“Ek poog om altyd eg te wees. Ek skryf wat ek voel. Daar word so baie geskryf oor die liefde en ek wou seker wees hierdie een is eie aan ons,” sê Visser.

Karen Zoid en Early B se jongste snit, “Deur druk”, betree ook vandeesweek se Top-20 in die 19de plek. Zoid se treffer saam met Early B en Neil Sandilands, “Toe die wêreld stil gaan staan”, bly vir die tweede week in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, nege wat daal, vyf snitte wat die week onveranderd bly en twee nuwe enkelsnitte wat die week die treffersparade betree.

  1. Karen Zoid met Early B & Neil Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  2. Bernice West – “Sonop-blom”
  3. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  4. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  5. Loki Rothman – “Op my pad”
  6. Appel – “Nonna”
  7. Francois van Coke – “As ek kon”
  8. Elvis Blue – “Gee my net ʼn vriend”
  9. Die Heuwels Fantasties met Ampie – “Ons moet leef”
  10. Appel – “F250”
  11. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  12. Spoegwolf – “Heen en weer”
  13. Leah – “Girls night”
  14. Jan Jan Jan – “Ek bly ʼn boer”
  15. Laudo – “Ek kan nie wag”
  16. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  17. Tarryn Lamb & Willem Botha – “ʼn Liefde soos die”
  18. Ricus Nel met Snotkop – “Boerepompie”
  19. Karen Zoid & Early B – “Deur druk”
  20. Jay – “Ry hom soos ʼn rental”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
VannieBaai

Pragtige vrou dié Christia Visser. Sy is ‘n brijlante aktrise en sangeres ook nog! Mal oor haar!