Christia Visser terug op die Top-20

Verlede jaar het Christia Visser bewys sy is nie net vir die klein- en grootskerm as aktrise beskore nie, maar ook vir die verhoog as sangeres.

Haar debuutalbum, Gemaklik verlore, is benoem vir beste popalbum van die jaar by die Suid-Afrikaanse Musiektoekennings (SAMA’s) .

Haar jongste enkelsnit getiteld “Beste leuen wen” betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste plek.

Appel bly in die no. 1-posisie met “Hier sal jy boer”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, nege wat daal, vier wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat sy toetrede tot die treffersparade maak.

  1. Appel – “Hier sal jy boer”
  2. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  3. Appel – “Dina”
  4. Riaan Benadé –“Spontaan”
  5. Appel – “Hardwerkende man”
  6. Appel – “Boerenooi”
  7. Elandré – “Binne & buite”
  8. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  9. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  10. Bernice West – “Sonop blom”
  11. Elandré – “Dag en nag”
  12. Jo Black met Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  13. Bernice West – “Kom binne”
  14. Elandré – “Waar die wind my waai”
  15. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  16. Brendan Peyper – “Dik en dun”
  17. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  18. Fatman – “’Vuil Coke”
  19. Rooksein – “’Kyk na my hart”
  20. Christia Visser – “Beste leuen wen”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.