Classics terug ná sukses verlede jaar

Jannie Moolman. (Argief foto)

Die musikale skouspel Classics keer in Junie vanjaar terug na Pretoria en gehore kan uitsien na ʼn toer deur die eeue van treffers – van Bon Jovi na Andrew Lloyd Webber, van Cyndi Lauper na Evanescence.

Die tydlose popmusiek van ABBA, werke van die geniale liedjieskrywer Elton John en die rou ruk-en-rol-krag van Queen is maar enkele van die hoogtepunte wat deur sommige van Suid-Afrika se grootste en talentvolste stemme uitgevoer sal word, tesame met die kragtige klanke van ʼn volle simfonie-orkes.

Classics 2018 sal extravaganza ʼn nuwe betekenis gee. Vanjaar vereer ons die grootste musiek-ikone en doen selfs uittreksels uit musiekblyspele soos die legendariese The Lion King en The Greatest Showman – die rolprent wat tans op almal se lippe is”, het Barry Pretorius, kreatiewe regisseur van Classics gesê.

Sangers soos onder andere Amira, Touch of Class, Corlea, Monique Steyn en Jannie Moolman sal dié tydlose musiekvermaak verskaf.

Pretorius het gesê die gehore kan uitsien na ʼn magdom hoogtepunte. “Classics was nog altyd ʼn wêreldklas-produksie en met die hulp van die nuwe 9 000-sitplek, Sun Arena, is ons voorbereid om gehore se asems weg te slaan.”

Vir meer inligting, besoek hul Facebook-blad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.