Cordelia en Pieter Koen sing oor die ‘spel van liefde’

Cordelia. Foto: Facebook via Cordelia

Cordelia. Foto: Facebook via Cordelia

Cordelia het onlangs haar verskyning op verskeie radiostasies se trefferlyste gemaak met liedjies soos “Mal in jou kop” en “Eerste woorde”. Nou is die sangeres weer terug met ʼn nuwe enkelsnit en deel die mikrofoon saam met Pieter Koen.

Die enkelsnit, “Spel van liefde”, is vroeër vandeesweek bekendgestel.

Cordelia sê dit was ʼn voorreg om saam met Pieter aan dié liedjie te werk. “Pieter Koen is ʼn baie aangename mens met ʼn uitsonderlike talent. Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie. Ek hoop die publiek hou daarvan,” het sy gesê.

Die liedjie vertel van die liefde en alles daar rondom. “‘Spel van liefde’ gaan presies oor dit wat die woorde sê. Ons almal speel ʼn spel van liefde. Almal het ʼn behoefte om deel te wees van ʼn liefdespel, spesiaal te voel en ook liefde te gee. My gunstelingliedjies gaan altyd oor die liefde. Liefde bewys net weer eens dat geld dit nie kan koop nie en dat dit alles kan oorwin.”

Die liedjie is geskryf en getoonset deur Vaughan en Nerine Gardiner en vervaardig en gemeng by Muse Studios deur Hugo Ludik en Vaughan Gardiner.

Pieter sê hy het hom nie twee keer laat nooi om saam met Cordelia te werk nie. “Cordelia het al die elemente wat ʼn kunstenaar nodig het om suksesvol te wees: Sy is seker van haarself as mens en weet hoe sy mense se harte wil bereik deur haar musiek. Ek glo die liedjie gaan net so byval vind by die publiek soos wat dit met my die geval was.”

“Spel van die liefde” is beskikbaar op Cordelia se debuutalbum, Breek die stilte.

Besoek Cordelia se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anoniem ·

Cordelia is pragtiger as Karlien van Jaarsveld, en sing soveel mooier!

Wonder nou ·

Hoe kan dit Cordelia se debuutalbum wees, sy het al ‘n album uit ‘Een uit ‘n miljoen’.

Landi Slatter ·

Dagsê Wonder nou,

Dankie vir jou navraag. ‘Breek die stilte’ is inderdaag haar debuutalbum,’Een uit ‘n miljoen’ is ‘n enkelsnit.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.