Corlea soek jóú vir nuwe musiekvideo

Corlea. (Foto: Monique Gouws/Monnas Photography)

Corlea. (Foto: Monique Gouws/Monnas Photography)

Die gewilde donkerkopsangeres Corlea Botha reik einde vandeesmaand haar splinternuwe enkelsnit, “Lewe vir nou”, in haar jongste album uit en nooi haar aanhangers om deel te wees van die musiekvideo vir dié liedjie.

Corlea het sedert die begin van die jaar die land aan die gons met haar jongste album, Onbreekbaar. Die eerste enkelsnit in dié album, “Bittersoet”, het sedert sy uitreiking op treffersparades landwyd gepryk en die musiekvideo vir dié liedjie het meer as 75 000 trefslae op YouTube.

“Die musiekvideo vir ‘Bittersoet’ was baie swaar,” sê Corlea oor dié omstrede video waarin sy met behulp van grimering ʼn mishandelde vrou met ʼn blou oog en stukkende lip uitbeeld. Sy het ʼn foto wat tydens die maak van dié video geneem is op sosiale media gedeel om voorbrand te maak vir haar bewusmakingsveldtog teen huishoudelike geweld. Dié foto het ʼn herrie op sosiale media tot gevolg gehad.

“Daarom wou ek met die video vir ‘Lewe vir nou’ pret hê en iets lig doen en ek wil graag my aanhangers deel maak daarvan. Die liedjie gaan oor al die bitterbekke wat op die kantlyn sit en oor alles iets te sê het, maar nooit gewillig is om iets aan die situasie te doen nie,” sê Corlea.

“Die lirieke lui: ‘Kan ons nie maar vergeet wie’s reg en wat’s verkeerd, kyk wat gebeur rondom jou, want die lewe gaan verby en jy’s die een wat agterbly, kom ons lewe vir nou’.”

Aanhangers wat graag deel van dié video wil wees, kan ʼn selfoonvideo stuur na Corlea en haar span. “Jy moet op die video iets alledaags doen terwyl jy die liedjie saam sing. Ons word so gebombardeer met slegte nuus en probleme in die wêreld, dat ek met hierdie video wil sê dat, ongeag van kleur, ras, politieke voorkeur of herkoms, ons almal wil ‘lewe vir nou’. Daarom moet ek jou gesig en mond duidelik kan sien – ons almal sing met een stem!”

Corlea wil graag hê mense moet dit so interessant maak as moontlik. “Mense moet iets uitbeeld wat hulle vereenselwig met om te lewe vir nou. Op van die video’s wat ek al gekry het, is daar ʼn man wat valskermspring, ʼn boer in ʼn stroper, twee mense in ʼn haarsalon waar die haarkapper haar kliënt se hare was en kinders wat dans in ʼn sitkamer. Dit kan regtig enigiets wees wat wys hoe dankbaar jy is om te kan lewe in die hede.”

Die persoon wat die beste video instuur kan die geleentheid kry om op 19 Julie die Premier-geleentheid van vanjaar se Classics-konsert by die Sun Arena in Menlyn, Pretoria, by te woon. Dié geleentheid sluit in ʼn driegangmaaltyd en wyn vir twee aan tafel saam met ander gaste.

Corlea sal ook sorg dat die wenner en ʼn metgesel op ʼn begeleide toer agter die verhoog van dié skouspelagtige konsert kan gaan en bekendes soos Demi Lee Moore, Tarryn Lamb en Elvis Blue ontmoet. Die persoon sal ook die geleentheid kry om op die laaste dag van die verfilming van die video vir “Lewe vir nou” saam met haar en ander bekendes die dag op stel deur te bring.

Video’s kan ingestuur word per e-pos na [email protected]. Die video moet met ʼn selfoon geneem word. Voeg ook jou kontakbesonderhede by in die e-pos.

“Jy kan kies met watter deel van die liedjie jy vereenselwig, so jy hoef nie hele liedjie te doen nie. Selfs een of twee reëls uit die liedjie is goed genoeg,” sê Corlea.

* Die video’s moet Corlea teen Woensdag 17 Julie om middernag bereik. Maroela Media is nie betrokke by die beoordeling van die video’s vir die musiekvideo of die keuse van die beste video nie  en Maroela Media sal ook geen korrespondensie hieroor voer nie.

Hier is die liriekvideo om die woorde vir “Lewe vir nou” te leer:

HIER IS HY!!!!!Die liriekvideo van #lewevirnou !Leer die woorde, neem ‘n video wat jou laat uitstaan terwyl jy #lewevirnou “lip sync”, en stuur dit vir my – JY KAN DEEL WEES VAN MY NUWE MUSIEKVIDEO!!!!!Alle Info van die kompetisie op my vorige post (live video)!Ek kannie WAG om te sien wat julle doen nie!SHARE HOM WYD EN SUID!!!Challenge jou vriende , en kyk eie maak die beste videos!!!

Posted by Corlea on Friday, June 28, 2019

Hier is die video met die voorbeelde van die video’s wat reeds ingestuur is:

***SHARE ASSEBLIEF ORAL!*** #lewevirnouSien? Dis so maklik, enigiemand kan dit doen!Plus, dis SUPER FUN! Daag jou vriende, familie en kollegas uit om deel te neem!•1. Kyk my liriekvideo op FB van #lewevirnou en leer ‘n reeltjie of twee ( https://www.facebook.com/278852588805200/posts/2552823464741423?s=100008387231192&v=e&sfns=mo )•2. Dink aan ‘n kreatiewe idee•3. Neem ‘n video•4. Stuur dit vir my by lewevirnou@gmail.com •5. JOU video kan in my nuwe musiekvideo wees! Daar is pryse vir die beste inskrywings – ek maak dit binnekort bekend! MAAK SEKER jou video is by my teen die afsnypunt, 14de Julie! As die liriekvideo of lirieke per Whattsapp na jou gestuur moet word, stuur jou nommer in ‘n PRIVAAT BOODSKAP op FB – Ons reel dit! XxxxAfrikaans is GrootMaroela MediaHuisgenootGroot FM 90.5Mamilla FashionsJOOX MusiekMornéJKJacaranda 94.2

Posted by Corlea on Friday, July 5, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SoosDitis ·

Berig se 17 Julie maar Corlea se video se 14Julie…..?

Osie ·

Tobie Jooste wat in die video is, is dan ‘n sanger? ek dog jy soek ‘gewone mense’?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.