Country-konsert vir Jakaranda-kinderhuis

Rinel Day. Foto: Verskaf

Rinel Day. Foto: Verskaf

Die Jakaranda-kinderhuis se tweede jaarlikse Cowboys 4 Kids Country-konsert is om die draai en vanjaar sal verskeie musikante soos Billy Forest, Dennis East en Clive Bruce en Rinel Day daar te sien wees.

Dié geleentheid, wat daarop gemik is om geld vir die kinderhuis in te samel, word op 8 Augustus in die Barnyard-teater in Pretoria-Oos by die Parkview-winkelsentrum aangebied.

Die Jakaranda-kinderhuis is ʼn onafhanklike en ongeaffilieerde welsynsorganisasie wat deel uitmaak van die Abraham Kriel Kinderhuisgroep, wat  ʼn huislike omgewing en terapeutiese dienste aan getraumatiseerde kinders bied.  Hierdie kinders word deur die kinderhof in die kinderhuis se sorg geplaas weens verlating, verwaarlosing, onveilige omstandighede tuis en fisieke sowel as emosionele mishandeling. “Dit is ons doel om hierdie kinders te voorsien van die lewensvaardighede wat nodig is om verantwoordelike grootmense te word.’’

Tans word daar omgesien na 250 kinders van drie tot agtien jaar oud. Hulle is in verskillende huise onder die toesig en sorg van die huisouers ingedeel. Om die  kostes van hierdie huise te dek, moet die bemarkingspan jaarliks R16 miljoen insamel.

Kaartjies is hier teen ʼn R100 per persoon beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

stanley ·

Baie dankie vir al die nuus van ons afrikaan kunstenaars is my eerste keer wat ek op julle web gaan het dit geniet dankie vir als die nuus groete stanley nell

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.