“Country”-sangers sing vir brandslagoffers

LJ Entertainment in samewerking met Wilger Trustfonds en Hero Burn Foundation bied ʼn konsert aan ten bate van die Hero Burn Foundation vir brandslagoffers.

Vyf van die grootste legendes van “Country” musiek gaan by dié geleentheid optree. Lance James, Barbara Ray, Min Shaw, Tommy Dell en Clive Bruce en gaskunstenaar Marius Swanepoel sal by die geleentheid te sien wees.

Datum: 14de Junie 2013
Tyd: 18h30 vir 19h00
Waar: NG KERKSAAL, h/v Alexandrastraat en 9de Laan, Florida, ROODEPOORT
Toegang: Volwassene R70.00, Kinders: 6-13jaar R50.00, Kinders onder 6 gratis

Slegs 600 kaartjies beskikbaar
*Kaartjies verkrygbaar by Wilma Josey Venter by [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wilma Venter ·

Baie dankie Maroela vir hierdie advertensie… Ons beplan ‘n onvergeetlike aand met hierdie sangers… Moenie hierdie geleentheid laat verby gaan indien jy lief is vir “Goeie Oues” Of “Kontreimusiek” nie… ek kan ook gekontak word op Facebook by Wilma Josey Venter…. baie baie dankie weereens…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.