Countrysanger as ‘wêreld se sexyste man’ aangewys

Blake Shelton (Foto: Facebook via People)

Die Amerikaanse countrysanger Blake Shelton is vandeesweek as People-tydskrif se sexyste man ter wêreld aangewys.

Shelton, ook ʼn beoordelaar vir die Amerikaanse The Voice-sangkompetisie, het dié tydskrif vertel hy was “totaal uit die veld geslaan” toe hy die nuus gekry het.

“Julle het seker niks benoemdes oor op die lysie nie,” het hy geterg. “Ek gaan dié toekenning voortaan laat opduik in elke gesprek wat ek in die toekoms gaan hê.”

Hy vertel sy twee jaar lange vriendin, die sangeres Gwen Stefani, het hom “vriendelik gedwing” om dié kroon op sy kop te sit.

“Sy het gesê: ‘Luister na my, jy gaan vir die res van jou lewe spyt wees as jy nie dié geskenk aanvaar en in die oomblik lewe nie.’ Nou doen ek maar presies dit.”

Die sanger het ook gesê hy gaan dié toekenning gebruik om Adam Levine, sy mede-The Voice-beoordelaar, te terg. Levine is in 2013 as People se sexyste man ter wêreld aangewys.

Shelton het al sowat 17 toekennings in sy loopbaan verower. Sy jongste album, Texoma Shore, pronk dié week in die nr. 1-posisie op die Billboard Top Country Albums-treffersparade.

Die aktrise Julia Roberts is vroeër vanjaar as People se mooiste vrou ter wêreld aangewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

sophia Liebenberg ·

Wat n Prefekte keuse, hy is AWESOME mooi!!! en oulik baie goeie besluit!

Uvonka ·

O wee nee!!! Hy lyk te ge-polish!!! Keith Urban sou my keuse wees!

Valerie ·

Hoe vlak is die mens? So vlak soos die kamtige “People” tydskriffie. My man lyk een duidend maal beter en lees nie eers die armsalige People nonsense nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.