Dag & Nag

MarNet

Die uiteenlopende tweeling, Johannette en Marise, is terug met ‘n splinternuwe polsende dansalbum soos net die tweeling kan!!!! MarNet bring aan hulle aanhangers ‘n splinternuwe album wat die dansbane gaan volhou. Die twee verskil soos Dag en Nag en daarom het hulle besluit om die album ook Dag en Nag te noem. Noted Music (Dirk van Niekerk) was verantwoordelik vir die opname en programmering van Dag en Nag. Jaco van Deventer was verantwoordelik vir die kitaarwerk.

“Hierdie is ‘n droom wat vir ons waar word, dis presies waarnatoe ons die afgelope paar jaar gewerk het. Ons het vir 3 jaar gesoek na die perfekte liedjies en self ook geskryf en geskaaf. Die laaste snit op die album, Ons koning, het ons spesiaal geskryf vir Hom wat vir ons die talente gee om ‘n glimlag op ander se gesigte te sit,” het die tweeling soos een verklap. Wanneer MarNet die verhoog tref, oorrompel hulle die gehoor met ongekunstelde eerlikheid en spontaniteit. Hulle vertoning bestaan uit treffers van toeka tot nou en natuurlik die treffer-liedjies van hul nuwe album “Dag & Nag”.

MarNet spot gedurig hulle is eintlik een mens wat in twee gedeel is. Marise het die regterbrein gekry: Kreatief en uitgesproke, ietsie tussen ‘n Waterdraer en ‘n Skerpioen. Johannette dink en doen met die linkerbrein: gewis met ‘n “angel”. Hulle is geensins vinkel en koljander nie, inteendeel, hulle het ook al moed opgegee om mense te oortuig hulle is ‘n tweeling – Hulle lyk dan nie eers na mekaar nie en verskil soos Dag & Nag. Hierdie CD is beslis een van 2011 se lekkerste dans CD’s en gaan sorg dat die dansbane volbly en almal lekker saam kuier! (Leo Musiek)

Speellys

  1. Nie meer hier nie
  2. Bly by my
  3. Baby
  4. Dag & Nag
  5. Dit is wat ek wil hê
  6. Bittersoet
  7. Hoekom nie
  8. Jy is vir my bedoel
  9. Dans met my
  10. Dit voel soos Lente
  11. Ace of Base medley
  12. Ek hou van jou
  13. Ligjare ver
  14. Sweet sweet smile

Bonussnitte

  1. Let the river run
  2. Ons Koning

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.