Dekade van ballades- Gian Groen

Dekade se balladesDit is nou al meer as tien jaar sedert Gian Groen se komposisie Vier seisoene kind ‘n treffer vir Laurika Rauch was.
Sedertdien het Gian, wie se regte naam Gideon Hanekom is, homself bewys as ‘n uiters begaafde liedjieskrywer, maar hy was die laaste tyd maar stil. Hy het egter teen die einde van verlede jaar besluit om ‘n oorsig van sy loopbaan, Dekade van ballades, vry te stel, waarop daar van sy bekendste komposisies, asook ‘n paar nuwe snitte, voorkom. Selfs sy bekende komposisies is onder leiding van Wouter van de Venter nuut opgeneem.
Die eerste snit is glad nie onbekend nie, hoewel dit die eerste treffer vanaf die album was. Louis Fivaz, wat self ‘n uitstekende liedjieskrywer is, het Piet-my-vrou oorspronklik opgeneem, maar Gian het dit ook nou op hierdie album ingesluit, en dit sal verseker ook vir hom ‘n treffer word. Bitterfontein het natuurlik bekendheid verwerf as die dorpie waar Worsie Visser gewoon het, en op hierdie pragtige snit sing hy van hierdie pragtige Namakwalandse dorpie. Gian is ‘n Kapenaar in murg en been; hy is in Stellenbosch gebore en woon vandag op die Wes-Kaapse dorp Grabouw. Gita-blom is opgedra aan Gian se dogtertjie, wat verlede jaar gebore is. ‘n Mens kan net wonder of Gita na die gelyknamige karakter in 7de Laan vernoem is. Hoe ook al, hierdie liedjie is minder sentimenteel as ander liedjies wat ouers al aan hul kinder opgedra het, en daarom behoort dit ook ;n treffer te wees. Vier seisoene kind was seker Gian se deurbraak in die musiekbedryf, selfs al was hy voorheen deel van die groep Spinnekop. Dit is natuurlik beter om na ‘n liedjiesksywer se vertolking van sy eie komposisie te luister, hoewel Laurika se opname destyds baie goed was. Naaste krans is nog ‘;n baie goeie komposisie wat radiolugtyd verdien. Binneland in is een van die liedjies wat hy as deel van Spinnekop opgeneem het, en veral jonger luisteraars sal hiervan hou. Volgens Gian is hierdie album rustiger as voorheen, en op Alles sal okay wees kan ‘n mens dit hoor. Die kombinasie van kitare en klassieke strykinstrumente soos viole en tjello’s klink baie goed. Nog ‘n pragtige snit waarop Gian sy rustiger kant wys, is Stiltetyd, hoewel dit dalk eerder as ‘n rock-ballade beskryf kan word. 0 tot 100 is ‘n lekker rock-snit wat by jonger luisteraars byval sal vind, en hier klink Gian baie na Valiant Swart.
In Mitchells Plain sing Gian van die sosiale probleme wat gereeld op die Kaapse Vlakte voorkom. Hy draai nie doekies om nie, en noem die probleme op hul name. Dis eintlik goed dat iemand dit gedoen het; hopelik sal iets aan die situasie gedoen word. Tiger en Louise is een van die bekendste snitte op die album; dit was seker Spinnekop se grootste treffer en dit klink nog net so goed soos destyds. Miskien kan radiostasies van voor af kennis van hierdie liedjie neem! ‘n Mens weet nie of die woorde van Cheap glasie wyn te ernstig opgeneem moet word nie; drank is nie altyd die oplossing vir ‘’n mens se probleme nie.Wit vlag het niks met Juanita du Plessis se gelyknamige liedjie te doen nie; dit is ‘n oorspronklike komposisie.. Vader van vrede is ‘n pragtige snit waarop die Imizamu Praise Singers saam met hom sing. Hierop bring hy hulde aan oud-president Nelson Mandela.
Dit is regtig ‘n skande dat Gian nie heeltemal die erkenning as sanger en liedjieskrywer kry wat hy verdien nie. Hy het wel al ‘n paar kommersiële liedjies gesing en geskryf, veral Tiger en Louise en Vier seisoene kind, maar oor die algemeen het sy musiek meer om die lyf as die snert wat die meeste radiostasies in ‘n mens se keelgat afdruk.

http://www.youtube.com/watch?v=hyhVR6XFe_Y

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

André Somers ·

Daantjie, jy kan nie skryf nie, ou maat.

In sinne soos hierdie: “…op hierdie pragtige snit sing hy van hierdie pragtige Namakwalandse dorpie” gebruik jy twee identiese byvoeglike naamwoorde in een frase. Daar is geen ” ” langs die snittitels nie en ook nie paragrawe nie.

“0 tot 100 is ‘n lekker rock-snit wat by jonger luisteraars byval sal vind, en hier klink Gian baie na Valiant Swart.” Wat beteken dit? Wie sê slegs jonger mense luister rock musiek? Hoekom klink hy na Valiant? Is dit die lirieke, guitar riffs, stemtoon? Want Valiant neig eintlik meer na country as na rock.

“‘n Mens kan net wonder of Gita na die gelyknamige karakter in 7de Laan vernoem is.” As jy probeer snaaks wees hier: dit het nie gewerk nie en dit het niks met die musiek te doen nie.

Ivm die “Mitchells Plain”: “Dis eintlik goed dat iemand dit gedoen het; hopelik sal iets aan die situasie gedoen word.” Dink jy regtig hierdie snit gaan maatskaplike werkers in Mitchells Plain aanspoor om die “situasie” te verbeter. Wat se situasie? Jy al geluister na Cape Flats kletsrymers soos Dookoom, Isaac Mutant, Churchill Naudé ens.?

“…drank is nie altyd die oplossing vir ‘’n mens se probleme nie.?” Hoekom nie? Help my, Daantjie, help my! Ek probeer jou verstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.