Demi Lee kraai steeds koning op Top-20

Demi Lee Moore. (Foto: Albert Bredenhann/Pixel Pro Photography)

Demi Lee Moore. (Foto: Albert Bredenhann/Pixel Pro Photography)

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat klim, agt wat daal en sewe wat onveranderd bly.

Demi Lee Moore se enkelsnit, “Mis eet slaap herhaal” behou vandeesweek se no. 1-posisie. Dit is ook die titel van haar debuutalbum wat reeds goue status bereik het.

Manie Jackson, Refentse, Ivan Roux en Tarryn Lamb se snitte klim ook weer en dit is hoofsaaklik te danke aan verkope van albums sowel as aflaaie oor die feesseisoen.

  1. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  2. Refentse – “Liefdegenerasie”
  3. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  4. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  5. Ivan Roux – “Daai ding”
  6. Jay & Lianie May – “Siekverlief”
  7. Refentse – “Reisiger”
  8. 4 Werke – “Hart”
  9. Manie Jackson – “Donker hart”
  10. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  11. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
  12. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  13. Jay – “Lê ’n bietjie langer”
  14. Leah – “Ek mag jou mis”
  15. Tarryn Lamb – “Vier woorde”
  16. Corlea – “Breek my hart”
  17. Adam Tas & Stella – “Ek is ryk”
  18. Verskeie kunstenaars (Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld & Ruhan du Toit)– “Die land”
  19. Jo Black – “Een klein klippie”
  20. Verskeie kunstenaars (Adam Tas, Chris Chameleon, Appel, Ghapi & Juan Boucher) – “Die gelofte”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Boy named Sue ·

Wou graag sien hoe lyk ‘n man genaamd Demi Lee want
die lok-artikel opskrif “Demi Lee kraai koning” had ‘n foto van ‘n onbekende man wat later blyk Manie Jackson te wees, en Demi Lee ‘n sangeres.

Gedink aan Johnny Cash se liedjie ” A boy named Sue”.

Bietjie teleurgesteld

GM ·

Ek het self gewonder hoekom die opskrif na Demi verwys en daar dan ‘n foto van dié man is.
Boy named Sue – gaan google die liedjie ‘Amanda’ wat Demi saam met Steve sing. Sy mag maar sing! Eet, slaap, herhaal sing sy ook mooi, maar dis nie vir my so treffend soos Amanda nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.