Demi Lee kraai weer koning op Afrikaanse Top-20

Demi Lee Moore in die Maroela Media-ateljee. (Foto: Maroela Media)

Demi Lee Moore in die Maroela Media-ateljee. (Foto: Maroela Media)

Demi Lee Moore neem vandeesweek weer die no. 1-posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in met haar eerste enkelsnit, “Mis eet slaap herhaal”, nadat sy skoonskip gemaak het by vanjaar se Ghoema-musiektoekennings.

Buiten die toekenning vir beste musiekvideo het Moore ook weggestap met die toekennings vir gewildste liedjie van die jaar, beste komposisie van die jaar, beste pop-album deur ʼn kunstenares en ʼn eretoekenning vir beste verkoper, alles ook vir “Mis eet slaap herhaal”.

Elandré, wat vir drie weke die no. 1-posisie behou het met sy splinternuwe enkelsnit, “Vuur op die water”, val terug na die no. 2-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar nege snitte wat styg, nege wat daal en twee wat onveranderd bly.

  1. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  2. Elandré – “Vuur op die water”
  3. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  4. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  5. Jo Black – “Voel jy die genade”
  6. Christia Visser – “17 Shots”
  7. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  8. Ivan Roux – “Daai ding”
  9. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  10. Refentse – “Liefdegenerasie”
  11. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  12. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  13. Early B met Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  14. Spoegwolf – “Storm”
  15. Corlea – “Onbreekbaar”
  16. Juan Boucher – “Want jy weet”
  17. Refentse – “Baie gevaarlik”
  18. Robbie Wessels – “Patrick Lambie”
  19. Spoegwolf – “Blou”
  20. Straatligkinders – “Krake”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GM ·

Ek is mal oor haar stem, maar ek voel nogsteeds sy moes weggebly het van die Ghoema-toekenningsaand, of haar toekennings nie aanvaar het nie. Vir my kom dit voor of sy haar oomblik van glorie op die verhoog wou hê, maar dit opgedra het aan Steve en kie. net sodat sy nie haar aanhangers te veel ontstel nie. Dit is so teenstrydig met die beeld wat ek van haar gevorm het. Haar intensies was heelwaarskynlik goed, ek is maar net ‘n bietjie teleurgesteld.
Ek sou ook gevoel het dat dit nie ‘n regverdige wen is as iemand anders se liedjie onttrek word nie, daarom sou ek ook nie die beeldjies wou hê nie, maar so verskil ons uitkyke op als maar.

GM ·

Eléne, kyk op Youtube na die musiekvideo, ‘Amanda’, wat sy saam met Steve sing. Daardie liedjie doen meer ‘justice’ aan haar stem (volgens my).

DeVill ·

Wel nou hoop ek almal wat gedreig het om “wie ook al ‘n prys aanvaar by die Ghoema’ te boikot.

Dis jammer want ek sien vir Robbie Wessels daar en hy sing so oulik met sy Bobjan liedjie.

Gaan julle hierdie mense op die lysie boikot of was dit net blaf?

Osie ·

Ai mense…is dit die koue en reen in gauteng wat almal so suur en negatief het vandag?

Duidelik doen Demi-Lee iets reg anders sou sy nie No 1 gewees het nie.

Toy ·

Snaaks hoe ek sien dat Afrikaners orals boykot en en en, maar ek sien nog talle wat hul Hilux’s hou en die tannies met hul Fortuners, of is dit te veel moeite?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.