Demi Lee maak skoonskip op Top-20

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat klim, 12 wat terugsak, drie wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat die week se treffersparade betree.

Refentse se jongste enkelsnit, “Liefdegenerasie”, wat ook die titel is van sy jongste album, betree vandeesweek die Top-20 in die no. 18-posisie.

Demi Lee Moore, wenner van die gewilde VIA-realiteitsprogram, Die kontrak, beklee nou die week se no. 1-posisie. Sy het ook die afgelope week goue status bereik met haar album, Mis Eet Slaap Herhaal, wat sowat twee weke gelede bekendgestel is.

  1. Demi Lee Moore – “Mis Eet Slaap Herhaal”
  2. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  3. Jay & Lianie May – “Siekverlief”
  4. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
  5. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  6. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  7. 4Werke  – “Hart”
  8. Refentse – “Reisiger”
  9. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  10. Ivan Roux – “Daai ding”
  11. Jay – “Lê ’n bietjie langer”
  12. Leah – “Ek mag jou mis”
  13. Corlea – “Breek my hart”
  14. Tarryn Lamb – “Vier woorde”
  15. Adam Tas & Stella – “Ek is ryk”
  16. Verskeie kunstenaars (Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld & Rohan du Toit) – “Die land”
  17. Jo Black – “Een klein klippie”
  18. Refentse – “Liefdegenerasie”
  19. Manie Jackson – “Donker hart”
  20. Verskeie kunstenaars (Adam Tas, Chris Chameleon, Appel, Ghapi & Juan Boucher) – “Die gelofte”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mel ·

Ek kan aan baie Suid Afrikaanse Afrikaanse kunstenaars dink wat niet net snert sing nie.
Sy is briljant! Gun haar haar plek in die son.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.