Demi Lee onttroon Jo op Afrikaanse Top-20

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, 11 wat daal, drie wat onveranderd bly en een nuwe toetrede.

Die kletsrymer Early B het die afgelope week goue status bereik met sy album Aangename kennis. Hy klim weer na dié week se no. 11-posisie met sy snit “Potte”, saam met Jack Parow en Justin Vega.

Spoegwolf betree ook die top-tien-liedjielys dié week met hul jongste enkelsnit, “Blou”, terwyl Joshua na die Reën vandeesweek sy toetrede maak tot die Top-20 met ʼn splinternuwe enkelsnit uit sy eie pen, “Soos in nou”.

Ná ses weke in die no. 1-posisie word Jo Black onttroon deur Demi Lee Moore se snit, “Mis eet slaap herhaal”.

  1. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  2. Jo Black – “Voel jy die genade”
  3. Refentse – “Liefdegenerasie”
  4. Ivan Roux – “Daai ding”
  5. Refentse – “Baie gevaarlik”
  6. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  7. Straatligkinders – “Krake”
  8. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  9. Jay & Lianie May – “Siekverlief”
  10. Spoegwolf – “Blou”
  11. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  12. Manie Jackson – “Donker hart”
  13. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  14. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  15. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  16. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
  17. 4 Werke – “Hart”
  18. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  19. Jo Black – “Hallelujah”
  20. Refentse – “Reisiger”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ANA ·

AGGE,NEEE…DIS NOU JAMMER ?
Jo,se geestelike song mét diepte, beteken vir mý persoonlik baie meer!!
Maar nietemin,geluk aan DL

Pragtig ·

Demi Lee Moore is pragtig en sing pragtig. Sy moet net onthou om vir Coleske dankie te se vir die geleentheid wat van haar ‘n ster gemaak het. Gaan groot Demi Lee. Jou stem val lekker sag op die oor. U go Girl

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.