Demi Lee skiet na eerste plek op Top-20

Justin en Darren Oates van Alter Ego. (Foto: Verskaf)

Justin en Darren Oates is tweelingbroers en het saam met die bekroonde vervaardiger Denholm Harding gewerk om ’n vars, alternatiewe popklank te skep wat volgens hulle afwesig was in die Afrikaanse musiekbedryf.

Hulle debuutenkelsnit as die duo Alter Ego, “Verniel my maar”, deel die diep, kwesbare emosies wat na die beëindiging van ’n verhouding ervaar word. Baie keer vra jy jouself af: Het alles dan niks beteken nie?

Die liedjie is opgeneem in Dolby Atmos en 360AR, die jongste 3D-musiektegnologie.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Lallie se “Boereraat”.

 

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Demi Lee Moore.

Dit is ʼn ongewone week op die Maroela Media Afrikaanse Top-20. Demi Lee Moore se jongste enkelsnit, “Kan jou nie my maak liefhê”, betree die top-20 in die eerste posisie.

Die gewildheid van die nuwe liedjie op digitale platforms, asook haar musiekvideo wat reeds meer as 138 000 kykbeurte op YouTube het, is ’n bewys hiervan.

Bernice West se jongste enkelsnit, “Dink aan jou”, betree die top-20 in die sesde plek.

Rooksein het ook ʼn suksesvolle week agter die rug met hulle enkelsnit, “Miskien”. Rooksein bestaan uit Renier van der Westhuizen, Dian Maritz en Megan Danner. Van der Westhuizen is Bernice West se ouer broer.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar drie snitte wat styg, 13 wat daal, een wat onveranderd bly en drie nuwe liedjies wat die week hul toetrede maak.

  1. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  2. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  3. Riaan Benadé — “Spontaan”
  4. Appel – “Dina”
  5. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  6. Bernice West – “Dink aan jou”
  7. Die Heuwels Fantasties & Spoegwolf – “Eggo”
  8. Jay & Irene-Louise van Wyk – “My volgende fout”
  9. Franja du Plessis – “Bring dit”
  10. Bernice West – “Hemel op aarde”
  11. Reën – “Stof”
  12. Elvis Blue – “Goud in die vuur”
  13. Eloff – “Johnnie Blou”
  14. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  15. Brendan Peyper – “Die wolf”
  16. Tasché – “Baby, ek bly”
  17. Rooksein – “Damlelielief”
  18. Leah – “Move aan”
  19. Rooksein – “Miskien”
  20. Steve Hofmeyr & Touch of Class – “’n Pa se hart”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.