Desiré

Desmond Wells

Desmond Wells stel ons bekend aan ‘Desiré’! Hierdie treffende titelsnit sal ons almal op die dansvloer kry hierdie fees seisoen en dit is gewaarborg dat ‘Desiré’ in jou kop sal vassteek.

Met 13 nuwe oorspronklike snitte gaan hierdie jong kunstenaar verseker dat die voete warm gedans word! Gryp jou ander helfte en neem die dansvloer oor met splinternuwe treffers soos ‘Voel jy so oor my’, ‘My hart blom’ en ‘Geen lewe sonder jou’!

Sy musiekvideo vir ‘Desiré’ is in finale produksie en kyk uit vir die video waar Desmond ‘n dapper jong man speel wat enige grense sal oorskry om sy liefde te betoon! Desmond is nie net ‘n talentvolle sanger nie maar het ook meeste van die liedjies op die album self geskryf.

“Desiré” is die eerste album wat hy onder die Coleske Artists vaandel bekendstel.

Speellys

  1. Desir
  2. Voel jy so oor M
  3. Geen Lewe Sonder Jou
  4. Heelaand Wakkerbly
  5. The Middle
  6. Kom Lewe in My
  7. Kom Terug na My
  8. Words
  9. Smaak soos Nog
  10. My Hart Blom
  11. Een Manier
  12. Heeltyd Speeltyd
  13. Hoe Gaan ek Maak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.