Dewald, Elandré wedywer vir 1ste plek op Afrikaanse Top-20

Juan Boucher, wat verlede week in die 15de plek op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 was, neem vandeesweek die no. 10-posisie in met sy enkelsnit, “Want jy weet”. Die rasperstemsanger Dewald Wasserfall het ook ʼn baie goeie week agter die rug met sy jongste enkelsnit, “Elektrisiteit”. Dié snit neem hierdie week die no. 2-posisie in.

Wasserfall se gelyknamige album is pas uitgereik en die aanlyn én fisieke verkope het uiters goed gevaar.

Elandré, wat verlede week in die derde plek op die treffersparade was, kraai vandeesweek weer koning met “Vuur op die water”. Dié snit is vanaf sy jongste vollengte album, Boomhuis.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, 12 wat daal en twee wat onveranderd bly.

  1. Elandré – “Vuur op die water”
  2. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  3. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  4. Jo Black – “Voel jy die genade”
  5. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  6. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  7. Jo Black – “Bitter”
  8. Christia Visser – “17 Shots”
  9. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  10. Juan Boucher – “Want jy weet”
  11. Ivan Roux – “Daai ding”
  12. Refentse – “Liefdegenerasie”
  13. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  14. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  15. Corlea – “Onbreekbaar”
  16. Musiek soos grond – “Lugballon”
  17. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  18. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  19. Spoegwolf – “Storm”
  20. Refentse – “Baie gevaarlik”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae