Dewald Wasserfall onttroon Refentse op die Top-20

Leah. (Foto: Facebook via Leah SA)

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, nege wat daal en vyf wat onveranderd bly, met een nuwe lied wat dié week se Top-20 betree.

Dewald Wasserfall betree die week se nommer 1‑posisie met “Nuwe begin”. Die lied is ook die temalied van die realiteitsprogram, Die Kontrak, op VIA. Wasserfall is een van die musikale mentors op dié program.

Leah, wat deesdae haar lyf Boer soek ʼn vrou-aanbieder hou, is terug met ʼn splinternuwe enkelsnit, “Ek mag jou mis”, en vaar tans baie goed met aanlyn aflaaie.

  1. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  2. Refentse – “Reisiger”
  3. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
  4. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  5. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  6. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  7. Corlea – “Breek my hart”
  8. Adam Tas & Stella – “Ek is ryk”
  9. Jay – “Lê ’n bietjie langer”
  10. Tarryn Lamb – “Vier woorde”
  11. Jay & Lianie May – “Siekverlief”
  12. Jo Black – “Een klein klippie”
  13. Verskeie kunstenaars (Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld & Rohan du Toit) – “Die land”
  14. Neil Somers – “Bloedgrond”
  15. Verskeie kunstenaars (Adam Tas, Chris Chameleon, Appel, Ghapi & Juan Boucher) – “Die gelofte”
  16. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
  17. Snotkop – “Souserig”
  18. Appel – “Boer loop deur my are”
  19. Leah – “Ek mag jou mis”
  20. Jan Blohm – “Word wakker”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.